YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 76

76
1Asaf het hierdie psalm vir ’n koor geskryf sodat dit saam met musiekbegeleiding gesing kan word
2Almal in Juda ken God. Vir die mense in Israel is Hy baie belangrik.
3Hy bly in die tempel in Jerusalem. Sy woonplek is op Sionsberg. 4Daar het Hy al die oorlogswapens opgefrommel. Hy het die oorlog gewen.
5Waarmee kan ek U vergelyk?
U is groter en magtiger as die hoogste berge.
6U het die vyand oorwin sonder dat hulle ’n vinger kon verroer.
Hulle is in hulle slaap oorval.
Hulle is heeltemal verslaan. Nie een van hulle kon iets daaraan doen nie.
7As U praat, o God van Israel, steek perde met ruiters en al viervoet vas.
8Geen wonder mense het soveel respek en ontsag vir U nie.
As U kwaad raak, wie sal dan nie skrik nie? Wie kan dan waag om voor U regop te staan?
9U het u vyande uit die hemel uit op hulle plek gesit. U het gesê wat U van hulle dink.
Die mense op aarde kon maar net stilbly en bewend toekyk 10hoe God die kwaaddoeners kom oordeel het, en die mense wat swaarkry sonder iemand wat hulle kon red, kom help het.
11U grootheid kan ook gesien word in die manier waarop U mense straf.
Straf is ook ’n instrument in u diens.
12Doen wat julle die Here beloof het.
Almal wat naby Hom is, moet vir Hom geskenke van dankbaarheid bring.
Alle mense op aarde moet vir die Een wat gedien moet word, geskenke bring.
13Die regeerders van hierdie wêreld is niks voor Hom nie.
Hy breek sommerso hulle mag.
Hulle staan maar net in ontsag voor sy grootheid.

Currently Selected:

Psalms 76: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy