YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 30

30
1’n Lied toe die tempel ingewy is. Opgedra aan Dawid
2Here, ek sal u Naam prys, want U het my gered.
U het my vyande gekeer om met my te spot.
3Here, my God, ek het gebid dat U my moet help.
Toe het U my gesond gemaak.
4Here, U het my uit die dood teruggeruk na die lewe toe.
Ek het nie doodgegaan nie. U het my weer lewendig gemaak.
5Sing lofliedere om die Here se Naam groot te maak.
Julle almal wat Hom dien, prys sy Naam!
Dink met respek na oor alles wat Hy doen.
Hy is heeltemal anders as mense.
6As Hy kwaad word, is dit net vir ’n paar sekondes. Maar Hy is lewenslank goed vir ons.
Kyk maar: ons het deur die nag gehuil. Maar vanmôre lag ons van vreugde. Dis net die Here wat so iets laat gebeur.
7Toe dit nog met my goed gegaan het, het ek maklik gepraat.
Ek het gesê: “Niks sal ooit met my verkeerd loop nie.”
8U was vir my goed en U het my beskerm, Here. Maar toe het U van my af weggekyk.
Eers was daar net ’n doodse stilte van u kant af.
Ek het gebewe, so bang was ek.
9Ek het ernstig tot U gebid, Here. Ek het gevra dat U tog weer vir my sal goed wees.
10Ek het vir U gesê: “Wat help dit U as ek doodgaan?
Kan iemand wat dood is, U prys?
’n Dooie kan tog nie vertel hoe goed U is nie.
11Help my, Here. Maak u hart vir my groot oop. Wees weer goed vir my.”
12Ek was baie hartseer, maar U het my lewe met blydskap volgemaak.
Nou huil ek nie meer nie.
Ek spring in die lug van vreugde.
U het my ’n groot eer aangedoen. Ek vier fees.
13Daarom sal ek lofliedere vir U sing.
Ek sal nie stilbly nie.
Here, my God, ek sal nooit ophou om U te prys nie.

Currently Selected:

Psalms 30: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy