YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 113

113
1Kom loof die Here!
Julle wat die Here dien, sê dankie vir Hom. Prys sy Naam!
2Julle moet sorg dat mense altyd die Here prys, nou en vir altyd.
3Van die môre tot die aand moet julle sy Naam loof.
4Daar is niemand wat soveel mag het soos die Here nie.
Hy is groter as enigeen in die hemel.
5-6Geen mens of volk is so sterk soos Hy nie.
In die hemel of op die aarde is daar niemand soos die Here ons God nie.
Hy is baie belangrik. Tog sien Hy onbelangrike en nederige mensies dadelik raak.
7Iemand wat deur ander mense vertrap is, help Hy om weer op te staan.
Hy tel arm mense van die ashoop af op. 8Dan behandel Hy hulle soos konings. Hy laat hulle tussen belangrike mense sit.
9Hy laat die onmoontlike gebeur: ’n Vrou wat geen kinders kan hê nie, laat Hy swanger word. Hy verander ongeluk in blydskap.
Kom loof die Here!

Currently Selected:

Psalms 113: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy