YouVersion Logo
Search Icon

Jesaja 56

56
1Die Here sê: Julle moet reg doen. Julle moet regverdig wees teenoor ander mense. Ek kom julle binnekort bevry. 2Die man wat die sewende dag reg deurbring en wat nie verkeerde dinge doen nie, sal gelukkig wees.
Iemand uit ’n ander volk
3Iemand wat van ’n ander volk kom, moet nooit dink die Here is nie bereid om hom in sy volk op te neem nie. Iemand wat sy manlikheid verloor het, hoef nie te dink dat hy onaanvaarbaar is omdat hy nie kinders kan hê nie. 4-5Vir die ontmandes sê die Here: As hulle op die sewende dag maak soos Ek van hulle vra en by my ooreenkoms met hulle bly, sal Ek hulle ’n erenaam gee in my tempel. Dit sal ’n naam wees wat selfs beter is as kinders. Hulle sal ’n naam kry wat vir altyd onthou sal word.
6Ek sal die man wat van ’n ander volk af kom en bereid is om die Here lief te hê, toelaat om na my woonplek toe te kom. Hy moet doen wat die Here van hom vra. Hy moet gewillig wees om die sewende dag reg deur te bring. Hy moet ook volgens die ooreenkoms van die Here leef. 7Ek sal hom bly maak wanneer hy in my huis tot My kom bid. Ek sal met genoeë die diere aanvaar wat hy vir My slag en die offers wat hy op my altaar vir My bring. My huis sal ’n huis genoem word waar die nasies tot die Here kom bid. 8My Here, wat hulle wat weggevoer is, weer bymekaarmaak en terugbring, sê: Daar is ook nog ander wat Ek saam met Israel sal laat bymekaarkom.
Blinde leiers
9Al die wilde diere in die veld moet kom vreet. Die diere in die bos moet my volk kom verslind. 10Die leiers wat na my volk moes kyk, is almal blind. Hulle weet nie wat aangaan nie. Hulle is soos waghonde wat nie kan blaf nie. Hulle lê net heeltyd en slaap. 11Hulle is soos gulsige honde wat nooit genoeg kry om te eet nie. Hulle is soos mense wat skape oppas, maar nie weet waarheen om met hulle te gaan nie. Elkeen volg net sy eie kop. Hy soek net na wat vir hom goed is. 12Hulle sê: “Kom ons kry wyn in die hande. Ons drink tot ons dronk is. Môre sal dit selfs nog beter gaan as vandag!”

Currently Selected:

Jesaja 56: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy