YouVersion Logo
Search Icon

Hooglied 1

1
1Hierdie is die liefdesliedere van Salomo.
Sy
2Soen my weer en weer, want jou liefde smaak soeter as wyn.
3Hoe lekker ruik jou reukmiddel en hoe mooi klink jou naam tog nie. Al wat ’n jongmeisie is, is op jou verlief.
4Vat my, dan hardloop ons weg. Wees vir my soos ’n koning en neem my na jou kamer toe. Saam sal ons gelukkig wees. Ons sal mekaar geniet en onsself in ons liefde verloor. Ek weet waarom al die jongmeisies so gaande oor jou is.
5Vroue van Jerusalem, ek is donker, maar ook mooi. Donker soos die tente van Kedar en mooi soos die tentseile van Salma.
6Moenie sleg dink van my omdat ek so bruin is nie. Dit is die son wat my so bruin gebrand het. My broers was kwaad vir my en het my toe in die wingerd laat werk. Ek moes elke dag in die skerp son werk.
7Sê my, my liefling, waarheen vat jy vandag jou vee? Waar staan julle teen die middaguur? Kom, sê my, dan hoef ek jou nie tussen die ander herders se kuddes te gaan soek nie.
Hy
8Liefstetjie, weet jy dan nie waar nie? Volg net die trop se spoor tot vlak by die herders se hut. Laat jou bokke daar wei. Daar sal jy my kry.
9My liefste, jy is so mooi soos ’n jong vul in die koning se wa.
10Hoe pragtig laat die oorringe jou wange lyk en die juwele jou nek.
11Ons moet vir jou goue oorringe met sulke silwer puntjies laat maak.
Sy
12Terwyl die koning van my hart op die bank gelê het, het my parfuum hom bekoor.
13My liefling is soos ’n sakkie mirre wat ek tussen my borste dra.
14My liefling is soos die geurige blomme wat wild in En-Gedi se wingerde groei.
Hy
15Hoe mooi is jy nie, my liefste. Jou oë is so sag en lieftallig soos dié van ’n duif.
Sy
16Hoe mooi en aantreklik is jy nie, my liefling. Van groen gras is ons bed gemaak.
17Van seders is ons huisie se plafon en van sipresse die dak.

Currently Selected:

Hooglied 1: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy