YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 77

77
1Opgedra aan die musiekleier. ’n Lied wat op die wysie van “Jedutun” gesing word. ’n Psalm van Asaf
2Ek vra vir God om my te help.
Ek pleit by God dat Hy in my krisis moet ingryp. Luister tog na my!
3In my nood soek ek hulp by die Here.
Ek word nie moeg om te bid nie. Snags maak ek nie ’n oog toe nie. Maar ek vind geen troos nie.
4Wanneer ek aan God dink, roep ek na Hom.
Ek wil hê Hy moet hoor hoe swaar ek kry.
Maar dit voel vir my of God Hom nie meer aan my steur nie. Ek is moedeloos.
5U hou my wakker. Daar is geen rus vir my nie.
Ek is baie omgekrap. Ek het nie meer woorde oor om te sê hoe omgekrap ek is nie.
Daarom praat ek nie baie nie.
6My gedagtes gaan baie ver terug.
Ek dink terug aan dinge wat jare gelede gebeur het.
7Ek lê in die nag wakker en dink hoe ek musiek gemaak het.
Ek dink ver terug en vra my af: 8“Gaan die Here my altyd van Hom af wegstoot?
Sal Hy ooit weer vir my goed wees?
9Gaan Hy sy troue liefde altyd van my af wegvat?
Het sy belofte om sy kinders in hulle swaarkry te help,
nou eens en vir altyd tot ’n einde gekom?
10Het God dan vergeet om weer goed aan ons te doen? Is hy so kwaad dat Hy Hom nooit weer oor ons gaan ontferm en ons jammer kry nie?
11En ek dink: My grootste bekommernis in die lewe is dat die Allerhoogste nie weer soos voorheen goed aan ons gaan doen nie!
12Toe het ek ver teruggedink, na dit wat God lank terug gedoen het.
Vroeër het die Here buitengewone, wonderlike dinge gedoen.
13My gedagtes het stilgestaan by al u groot werke.
Ek kon nie ophou nadink oor alles wat die Here gedoen het nie.
14God, U is heeltemal anders as ons. Daar is niemand wat sterker is as U nie! Wie is so groot soos U?
15U het wonderlike dinge in die verlede gedoen.
Vir vreemde volke het U gewys hoe sterk U is.
16U het die Israeliete met u groot krag uit hulle moeilikheid gered.
17Almal wat u kinders in die moeilikheid probeer bring het, bewe, want hulle het u krag leer ken, Here.
God, hulle weet dat U die sterkste is.
18Soos swaar reën en weerligte wat helder blits, het U u groot krag gewys.
Almal was baie bang. Die hele aarde het gebewe.
19U het die donderweer laat slaan. Dit was soos ’n leeu wat aanhou brul.
Die weerligstrale het die wêreld helder verlig. Alles het geskud.
20U krag het groot respek afgedwing.
Deur al die gevaar het U u kinders veilig beskerm.
Deur die grootste krisis het U hulle gelei.
U het dit op u eie manier gedoen. En niemand kon uitvind hoe U dit doen nie.
21Here, U het u kinders gelei soos ’n herder sy skape lei.
U het dit gedoen deur hulle leiers wat U gedien het.
Moses en Aäron het vir hulle die regte pad gewys.

Currently Selected:

Psalms 77: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy