YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 45

45
1Dit is die Koragiete se liefdeslied vir die koor. Hulle sing dit op die wysie van “Lelies”
2Die pragtigste woorde vloei oor my lippe.
Ek lees my gedigte vir die koning.
My tong is soos die pen van ’n goeie skrywer.
3U, o koning, staan uit tussen alle mense.
Almal sien u mooi voorkoms raak.
As u praat, kan ’n mens altyd luister.
God is altyd baie goed vir u.
4Maak u reg vir die oorlog, dapper vegter.
U is so sterk, magtig en belangrik.
5Ry uit as oorwinnaar. U veg mos vir wat waar is.
Om armes te help en reg op te tree lê u na aan die hart.
Ja, u doen magtige dinge.
6U tref die kol keer op keer; u vyande het nie ’n kans nie.
7U goddelike koninkryk sal vir altyd daar wees.
U regeer regverdig. 8U hou van wat reg is en haat wat verkeerd is.
Daarom het God, u God, u bo almal gekies en as koning aangestel,
en almal was baie bly daaroor.
9U klere ruik wonderlik lekker.
In u paleis van ivoor luister u na mooi musiek. Dit maak u bly.
10Prinsesse omring u en langs u staan die koningin met pragtige goue juwele.
11Luister, o dogter, as die koning van jou hou; los jou familie en kom na hom toe.
12Die koning vra na jou omdat jy vir hom mooi is. Eer hom. Hy is mos ook jou koning. Jy behoort aan hom.
13Dogter van Tirus, die rykstes sal vir jou goed wil wees. Hulle sal vir jou geskenke gee.
14Die prinses lyk asemrowend. Sy wag daarbinne in die mooiste klere.
15Sy word na die koning toe gevat. Haar vriendinne loop saam met haar.
16Hulle is uitbundig van vreugde. So stap hulle die paleis binne.
17Mag u seuns hê om oor die hele land te heers soos hulle voorvaders gedoen het. Mag hulle ook as regeerders aangestel word.
18Ek wil vir mense vertel hoe groot en belangrik u is.
Mense moet altyd mooi dinge oor u sê.

Currently Selected:

Psalms 45: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy