YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 17

17
’n Dawidsgebed
1Here, help my! My saak is regverdig.
Ek staan eerlik voor U, sonder vals motiewe.
Hoor tog terwyl ek na U roep!
Ek is opreg as ek dit vra.
2Neem asseblief die regte besluite oor my lewe.
U weet tog of ek eerlik en opreg is.
3U wou weet hoe ek optree as ek alleen is;
daarom het U gekyk of U op my kan staatmaak.
U het my getoets.
Maar U kon geen fout vind nie.
4Oor wat ander doen, bly ek stil. Ek praat nie van mense nie.
Ek het net gedoen wat U van my verwag.
Ek weet ek doen net wat U wil hê.
5Ek het net agter U aangeloop.
Ek dwaal nie van u pad af nie.
6Nou roep ek na U, want U sal my mos antwoord, o God!
Draai u oor na my toe en luister na wat ek sê.
7Wys met wat U doen hoe lief U vir my is.
Want U red mense wat by U kom wegkruip
uit die kloue van ander wat hulle wil seermaak.
8Pas my op soos die appel van u oog. Laat my by U wegkruip.
Daardie mense wil my met geweld vernietig.
9Hulle hou niks van my nie en storm van alle kante op my af. Hulle wil my dood sien.
Hulle voel niks vir niemand.
10Wanneer hulle praat, hoor jy hoe baie hulle van hulleself dink. Dit straal uit hulle uit.
11Oral waar ek gaan, loop hulle agter my aan.
Van alle kante bekruip hulle my.
Hulle wag net vir die regte oomblik om my tot ’n val te bring.
12Mense wat weier om U te dien is soos ’n spul leeus wat regstaan om hulle prooi uitmekaar te skeur.
13Staan op, Here! Vat daardie skelm spul vas!
Bring hulle tot ’n val.
Red my van almal wat niks met U te doen wil hê nie.
14Red my self van hulle wat nie doen wat U sê nie.
Straf hulle soos U reeds besluit het om te doen. Laat hulle in die fleur van hulle lewe doodgaan. Moenie dat hulle kinders en kleinkinders wegstap sonder dat hulle ook gestraf word nie.
Laat hulle almal vir hulle sondes betaal.
15Ek sal na U toe kom, want ek doen wat U sê! Ek is reg.
Elke keer wanneer ek sien hoe U by my is, is ek sommer baie bly.

Currently Selected:

Psalms 17: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy