YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 1

1
1God hou sommer baie van jou,
want jy leen nooit jou ore aan slegte mense uit nie.
Jy hardloop nie agter elke nuwe sonde op die mark aan nie.
Jy is ook nie bevriend met daardie spul wat met God spot nie.
2God is baie bly omdat jy sy Woord geniet.
Jy lees dit dag en nag sonder om moeg te word.
3Daarom is jy soos ’n groot boom wat stewig langs die water staan.
Hierdie boom dra op die regte tyd baie vrugte en sy blare bly groen.
Sy grootheid skyn helder in alles wat jy doen.
Daarom gaan dit baie goed met jou.
4Met elkeen wat nie doen wat God sê nie, gaan dit bitter sleg.
Hulle sondes laat hulle lewe uitmekaarval.
5Daarom sal daar nie vir hulle plek wees wanneer God eendag voor
almal sê wie aan Hom behoort nie.
6God wys vir mense wat Hom liefhet hoe om elke dag te leef,
maar slegte mense verdwaal vir altyd in hulle sonde.

Currently Selected:

Psalms 1: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy