Spreuke 2:2-6

Spreuke 2:2-6 DB

indien jy jou ore vir hierdie lewenswaarhede spits en goed oor alles nadink, indien jy na insig in die alledaagse lewe smag en meer kennis begeer oor hoe om te leef, indien jy heeltyd hierna soek soos ’n mens na kosbare silwer of na skatte soek, sal jy die Here se liefde begin verstaan. Jy sal weet hoe om wys en gelukkig te leef. Onthou egter net een saak: wysheid om reg te leef kom net van die Here af. Kennis en insig is net by Hom te kry.
DB: Die Boodskap
Share