YouVersion Logo
Search Icon

Prediker 6

6
Die lewe kan skeefloop
1In hierdie lewe het ek iets gesien wat tragies is: 2God gee aan iemand rykdom, besittings en ’n baie goeie naam sodat hy aan niks ’n tekort het nie, maar Hy laat hom nie toe om dit te geniet nie. ’n Vreemdeling kom en geniet dit dan. So iets is bitter swaar om te verstaan. Dit maak die lewe sinloos.
3Iemand mag baie kinders hê en lank leef, maar as hy nie die goeie van die lewe kan geniet nie en ook nie ’n behoorlike begrafnis kry nie, was alles tevergeefs. Iemand wat doodgebore is, is dan beter daaraan toe as hy. 4Iemand wat doodgebore is, word nooit onthou nie en ontvang ook nooit ’n naam nie. 5So iemand ken nie die lewe nie, maar het ten minste meer rus 6as iemand wat nie die goeie van die lewe kan geniet nie. Albei word in elk geval weer stof. Al leef iemand ook 2 000 jaar, maar hy kan nie die lewe geniet nie, is alles sinloos.
7Al waarvoor die mens werk, is om sy maag vol te kry, want hongerpyne verdwyn nooit nie. 8Hoe is ’n wyse beter daaraan toe as ’n dwaas? En watter waarde het dit vir ’n arme om reg te leef? 9Absoluut niks nie. Dit is ’n gejaag agter wind aan, want dit is beter om iets te besit as om voortdurend daarna te smag.
10Alles is vooraf bepaal. Wat kan ’n mens daaraan doen? Wie kan tog teen iemand veg wat sterker as jy is? 11Hoe meer jy probeer, hoe meer deurmekaar en sinloos word die lewe. 12Wie weet wat vir die mens goed is in sy kort lewe wat soos ’n skaduwee verbytrek? Wie weet wat hier op aarde gaan gebeur?

Currently Selected:

Prediker 6: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy