YouVersion Logo
Search Icon

1 Kronieke 13

13
Dawid verskuif die verbondsark van Kirjat-Jearim af
1Dawid het sy optrede met al sy offisiere bespreek. 2Toe het hy die hele vergadering Israeliete toegespreek. Hy het gesê: “As julle dit goedkeur en as die Here ons God dit so wil hê, gaan ons ’n boodskap na al die Israeliete en na die priesters en Leviete toe stuur, waar hulle ook al is, om hulle te nooi om by ons aan te sluit. 3Dis tyd om die verbondsark van God te gaan haal, want ons het dit in Saul se tyd verwaarloos.”
4Die hele vergadering het saamgestem, want hulle het besef dit is die regte ding om te doen. 5Dawid het toe al die Israeliete van oor die hele land byeengeroep om die verbondsark van God van Kirjat-Jearim af te gaan haal. 6Hulle is toe almal saam na Baäla in Juda toe, dit is Kirjat-Jearim, om die ark van God terug te bring. Die ark dra die titel: “Die Here wat bo die hemelwesens troon.”
7Hulle het die ark van God op ’n nuwe wa van Abinadab se huis af vervoer. Ussa en Agjo was die wadrywers. 8Dawid en al die Israeliete was uitbundig van vreugde. Hulle het onder begeleiding van liere, harpe, tamboeryne, simbale en trompette gesing en gedans.
9Toe hulle by die dorsvloer van Kidon kom, het dit gelyk of die osse struikel. Ussa het sy hand uitgesteek om te keer dat die ark afval. 10Dit het die Here woedend gemaak en Hy het Ussa net daar laat dood neerslaan, omdat hy aan die ark gevat het. So is hy daar, in God se teenwoordigheid, dood. 11Dawid was baie ontsteld dat die Here dit met Ussa gedoen het. Hy het die plek toe Peres-Ussa genoem. Dit beteken “’n bres teen Ussa” en dit is vandag nog die plek se naam.
12Na die gebeure was Dawid bang vir die Here. Hy het gewonder: “Hoe kan ek die verbondsark van God ooit onder my sorg bring?” 13Hy het die verbondsark toe nie saamgeneem na die Stad van Dawid nie, maar dit in die huis van Obed-Edom in Gat laat stoor. 14Die ark van God is toe vir drie maande lank in Obed-Edom se huis gestoor. In dié tyd het die Here vir Obed-Edom en alles wat syne was, geseën.

Currently Selected:

1 Kronieke 13: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy