YouVersion Logo
Search Icon

1 Kronieke 10

10
Koning Saul se dood
1Die Filistyne het Israel aangeval en oorwin. Die Israeliete het op die vlug geslaan en baie van hulle soldate is op Gilboaberg doodgemaak. 2Die Filistyne het toe op Saul en sy seuns toegesak en drie van sy seuns, Jonatan, Abinadab en Malkisua, doodgemaak. 3Die geveg het al hoe swaarder rondom Saul gewoed. Die Filistynse boogskutters het hom ingehaal en raak geskiet. 4Saul skreeu toe vir sy wapendraer: “Vat jou swaard en maak my dood, voordat hierdie spul Filistyne op my afkom en hulle in my lot kan verlekker!” Maar sy wapendraer was verskriklik bang en wou dit nie doen nie. Saul gryp toe sy eie swaard en val daarin. 5Toe sy wapendraer sien dat Saul dood is, het hy ook in sy swaard geval en só gesterf.
6Saul en sy drie seuns het saam gesneuwel. So het sy koningshuis tot ’n einde gekom.
7Toe die Israeliete wat in die vlakte gewoon het, sien dat die soldate gevlug het en dat Saul en sy seuns dood is, het hulle hulle dorpe ontruim en gevlug. Die Filistyne het in die gebied ingetrek en daar gaan woon.
8Die Filistyne het die volgende dag na die slagveld teruggekom om die dooie soldate se lyke te plunder. Daar op die Gilboaberg het hulle toe op Saul en sy seuns se lyke afgekom. 9Hulle het Saul uitgetrek en sy kop en sy wapens gevat en dit deur die hele Filistynse gebied rondgestuur. Só het hulle die goeie nuus van hulle oorwinning vir hulle afgode en die res van die volk gaan vertel. 10Hulle het Saul se wapens in hulle god se tempel neergesit en sy skedel in die Dagontempel vasgeslaan.
11Die mense van Jabes in Gilead het gehoor wat die Filistyne alles met Saul gedoen het. 12Hulle dapper soldate het toe Saul en sy seuns se lyke gaan haal. Hulle het die oorskot na Jabes toe gebring en dit onder die groot boom in Jabes begrawe. Daarna het hulle sewe dae lank niks geëet nie.
13Saul is dood, want hy was ontrou aan die Here. Hy het nie gedoen wat die Here gesê het nie en hy het ’n dooie se gees geraadpleeg 14in plaas van om by die Here raad te vra.
Daarom het die Here hom laat doodgaan en die koningskap na Dawid, Isai se seun, laat oorgaan.

Currently Selected:

1 Kronieke 10: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy