YouVersion Logo
Search Icon

1 Samuel 31

31
Saul se dood
1Die Filistyne het die Israeliete aangeval. Die manskappe van Israel het vir die Filistyne begin vlug en baie is op Gilboaberg dood. 2Die Filistyne het Saul en sy seuns ingehaal, en al drie sy seuns, Jonatan, Abinadab en Malkisua, doodgemaak. 3Toe keer hulle Saul vas. Die manne wat met pyl en boog skiet, het hom onder skoot gekry en hom ernstig gewond. 4Hy sê toe vir sy wapendraer: “Trek jou swaard uit en steek my dood. Anders kom hierdie klomp heidene en steek my met hulle swaarde en laat my ly.”
Maar die wapendraer was te bang om dit te doen. Saul vat toe sy eie swaard en pleeg selfmoord. 5Toe die wapendraer sien Saul is dood, het hý ook sy swaard gevat en soos Saul selfmoord gepleeg. 6So is Saul, sy drie seuns, sy wapendraer en al sy manskappe op dieselfde dag saam dood.
7Die Israeliete wat in die Jisreëlvlakte en in die Jordaanvallei gebly het, het gesien die manskappe van Israel vlug en hulle het agtergekom dat Saul en sy seuns dood is. Daarom het hulle uit hulle dorpe gevlug. Die Filistyne het later daar gaan woon.
8Die dag na die geveg het die Filistyne die klere en wapens wat aan die lyke was, gaan afhaal. Hulle kry toe vir Saul en sy drie seuns waar hulle dood lê op Gilboaberg. 9Hulle het sy kop afgekap en sy oorlogsklere en wapens gevat. Hulle het mense deur hulle hele land rondgestuur om in hulle afgodstempels en vir al die mense die goeie nuus te vertel. 10Hulle het sy oorlogsklere en wapens in die tempel van die Astartegodin neergesit en sy lyk aan die muur van Bet-San opgehang.
11Die mense van Jabes in Gilead het gehoor wat die Filistyne met Saul gedoen het. 12Al die manne van Jabes wat kon veg, het bymekaargekom en dwarsdeur die nag geloop om die lyke van Saul en sy seuns van Bet-San se muur af te haal. Hulle het die lyke na Jabes toe gevat en dit daar aan die brand gesteek. 13Wat van die lyke oorgebly het, het hulle onder die tamariskboom by Jabes begrawe. Daarna het hulle ’n week lank getreur en nie geëet nie.

Currently Selected:

1 Samuel 31: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy