YouVersion Logo
Search Icon

1 Kronieke 4

4
Die suidelike stamme: Juda
1Juda se seuns was: Peres, Gesron, Karmi, Gur en Sobal. 2Sobal se seun Reaja was Jagat se pa, en Jagat was Agumai en Lahad se pa. Dit is die mense wat in Sora gewoon het.
Gur
3Etam se nageslag was Jisreël, Jisma en Jidbas, Hasselelponi (sy dogter), 4Penuel (die grondlegger van Gedor) en Eser (die grondlegger van Gusa). Hulle was die nageslag van Gur (Efrata se oudste seun) en vader van Betlehem.
Asgur
5Asgur (die grondlegger van Tekoa), het twee vroue gehad, Gela en Naära.
6By Naära het hy vier seuns gehad: Agussam, Gefer, Temni en Agastari. Hulle was Naära s’n. 7Gela se seuns was Seret, Sogar en Etnan.
8Kos was die voorvader van Anub en Sobeba en van die geslagte van Agargel, Harum se seun.
Jabes se gebed
9Jabes was belangriker as sy broers. Sy ma het hom Jabes genoem omdat sy geboorte so pynlik was.
10Jabes het in ’n gebed met Israel se God gepraat: “Seën my tog, maak my grondgebied groter, hou u hand oor my en hou onheil van my af weg, sodat geen hartseer my tref nie.”
God het vir hom gegee wat hy gevra het.
Kaleb
11Kelub, die broer van Suga, was Megir se pa. Megir was Eston se pa. 12Eston was Bet-Rafa, Paseag en Teginna se pa en Teginna was Ir-Nagas se pa. Hulle was die mense van Reka.
13Kenas se seuns was Otniël en Seraja, en Otniël se seuns was Gatat 14en Meonotai, wat Ofra se pa was. Seraja was Joab se pa, die grondlegger van Geharasjim, Vakmansdal, want hulle was vakmanne.
15Kaleb, die seun van Jefunne, se seuns was Iru, Ela en Naäm. Ela se seun was Kenas.
16Jehallelel se seuns was Sif, Sifa, Tireja en Asarel.
17Esra se seuns was Jeter, Mered, Efer en Jalon. Mered is met ’n Egiptiese vrou getroud en hulle kinders was Mirjam, Sammai en Jisbag, Estemoa se pa. 18Mered is ook met ’n Judese vrou getroud en hulle kinders was Jered (die grondlegger van Gedor), Geber (die grondlegger van Soko) en Jekutiël (die grondlegger van Sanoag). Mered se Egiptiese vrou, Bitja, was ’n dogter van die farao.
19Hodija se vrou was ’n suster van Nagam. Een van haar seuns was die pa van Keïla van Garmi en ’n ander seun was Estemoa van Maäka se pa.
20Simon se seuns was Amnon, Rinna, Ben-Ganan, Tilon.
Die nageslag van Jisi was Soget en Ben-Soget.
Sela
21Sela was ’n seun van Juda. Sela se nageslag was Er (die grondlegger van Leka), Lada (die grondlegger van Maresa), die families van linnewerkers van Bet-Asbea, 22Jokim en die mense van Koseba, asook Joas en Saraf wat in Moab regeer het, en Jasubi-Legem. Hierdie is baie ou oorlewerings. 23Hulle was pottebakkers en het in Netaïm en Gedera gebly, waar hulle in die koning se diens was.
Simeon
24Simeon se seuns was Jemuel, Jamin, Jarib, Serag en Saul.
25Saul se afstammelinge was Sallum, sy seun Mibsam en sy seun Misma.
26Misma se afstammelinge was Gammuel, sy seun Sakkur en sy seun Simi.
27Simi het sestien seuns en ses dogters gehad, maar sy broers het nie baie kinders gehad nie. Daarom was die stam van Simeon nooit so groot soos die stam van Juda nie. 28Hulle het in Berseba, Molada, Gasar-Sual, 29Baäla, Esem, Eltolad, 30Betuel, Gorma, Siklag, 31Bet-Markabot, Gasar-Susim, Bet-Biri en Saärajim gewoon. Dit was hulle stede totdat Dawid koning geword het. 32Hulle het ook in die vyf stede Etam, Ajin, Rimmon, Token en Asan 33en in die dorpies rondom dié stede tot so ver as Baäl gewoon. Dit is waar hulle gewoon het en hulle name is in die geslagsregister opgeneem. 34Mesobab, Jamlek, Josa die seun van Amasia, 35Joël, Jehu seun van Josibja, seun van Seraja, seun van Asiël, 36Eljoënai, Jaäkoba, Jesogaja, Asaja, Adiël, Jesimiël, Benaja, 37Sisa seun van Sifi, seun van Allon, seun van Jedaja, seun van Simri, seun van Semaja - 38hulle name is in die lys opgeneem. Hulle was leiers en hulle families het sterk gegroei. 39Op soek na weiveld vir hulle kleinvee het hulle ooswaarts in die vallei tot by Gedor getrek. 40Hulle het goeie, geil weiveld gekry. Die wêreld daar was na alle kante toe oop en vry en dit was ’n rustige en stil omgewing.
Voorheen het ander mense daar gewoon. 41In koning Hiskia van Juda se tyd het die afstammelinge van Simeon wie se name op die lys staan, in die gebied ingetrek. Hulle het die gebied heeltemal ingeneem. Hulle het die afstammelinge van Gam, asook die Meüniete wat daar te vind was, verslaan. Die Simeoniete het die vorige inwoners heeltemal uitgewis en die land in besit geneem, want hulle wou die weiveld vir hulle kleinvee hê. 42Verder het ’n groep van 500 Simeoniete na Seïrberg toe getrek. Hulle leiers was Pelatja, Nearja, Refaja en Ussiël, almal seuns van Jisi. 43Hulle het die mense van Amalek wat oor was, verslaan en hulle woon nou nog daar.

Currently Selected:

1 Kronieke 4: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy