YouVersion Logo
Search Icon

1 Kronieke 18

18
Dawid se oorloë
1Hierna het Dawid die Filistyne verslaan. Hy het die stad Gat met sy omliggende dorpies ingeneem.
2Dawid het ook die Moabiete verslaan. As sy onderdane moes hulle aan Dawid belasting betaal.
3Dawid het ook vir Hadad-Eser van Soba tot so ver as Hamat verslaan. Hadad-Eser was juis op pad om sy greep op die gebied langs die Eufraatrivier te versterk. 4Dawid het 1 000 strydwaens vir hom gevat, asook 7 000 man van die strydwabemanning en 20 000 voetsoldate. Hy het al die perde, behalwe 100, se hakskeensenings afgekap sodat hulle nie kon werk nie.
5Die Arameërs van Damaskus het vir Hadad-Eser kom help, maar Dawid het 22 000 van hulle doodgemaak. 6Hy het toe beheerpunte in Damaskus, die Aramese hoofstad, opgerig. Daarna was die Arameërs Dawid se onderdane. Hulle moes belasting aan hom betaal. Só het die Here Dawid laat wen waar hy ook al oorlog gemaak het. 7Dawid het die goue skilde wat Hadad-Eser se wagte gedra het, afgevat en Jerusalem toe gebring. 8In die stede Tibgat en Kun, wat aan Hadad-Eser behoort het, het Dawid ’n groot hoeveelheid brons vir hom gevat. Later het Salomo dit laat smelt om die reusebronsbak wat bekend was as die “see”, asook die pilare buite die tempel en die bronsgereedskap wat in die tempel gebruik is, te laat maak.
9Toe koning Toï van Hamat hoor dat Dawid vir Hadad-Eser verslaan het, 10het hy sy seun Joram gestuur om Dawid geluk te wens met sy oorwinning. Hadad-Eser was in daardie stadium ook in ’n oorlog teen Toï gewikkel. Toï het ook geskenke van goud, silwer en brons vir Dawid gestuur.
11Koning Dawid het hierdie geskenke ook vir die Here gegee. Hy het dit ook met al die silwer en goud gedoen wat hy van ander volke afgeneem het, soos die Edomiete, die Moabiete, die Ammoniete, die Filistyne en die Amalekiete.
12Abisai, Seruja se seun, het 18 000 Edomiete in die Soutvlakte verslaan. 13Hy het toe beheerpunte in Edom opgerig. Daarna was die Edomiete Dawid se onderdane. Só het die Here Dawid laat wen waar hy ook al gaan oorlog maak het.
Die administrasie van die koninkryk
14Dawid het goed en eerlik oor die hele Israel regeer. Die belangrikste amptenare in die koninkryk was: 15Joab, Seruja se seun, die bevelvoerder van die leër; Josafat, Agilud se seun, die staatshistorikus; 16Sadok, Agitub se seun, en Agimelek, Abjatar se seun, die priesters; Sausa, die staatsekretaris; 17Benaja, Jojada se seun, bevelvoerder van die koning se lyfwag. Dawid se eie seuns was van sy belangrikste amptenare.

Currently Selected:

1 Kronieke 18: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy