YouVersion Logo
Search Icon

HOOGLIED 1

1
Die bruid verlang na die bruidegom en soek hom.
1DIE hooglied van Salomo.
2Laat hy my kus met kusse van sy mond; want u liefde is kosteliker as wyn.
3U salf is aangenaam van geur, u naam is soos salf wat uitgegiet is; daarom het die jonkvroue u lief.
4Trek my agter u aan, laat ons gou maak! Die koning het my in sy binnekamers gebring. Ons wil juig en ons in u verheug, ons wil u liefde prys meer as wyn. Met reg het hulle u lief.
5Ek is bruin gebrand maar lieflik, o dogters van Jerusalem, soos die tente van Kedar, soos die gordyne van Salomo.
6Moenie na my kyk omdat ek so bruinerig is, omdat die son my verbrand het nie: die seuns van my moeder was toornig op my; hulle het my aangestel as oppasser van die wingerde; my eie wingerd het ek nie opgepas nie.
7Vertel my tog, my sielsbeminde, waar laat u wei, waar laat u smiddags die vee lê en rus? Want waarom sou ek wees soos een wat haar met 'n sluier toedraai by die kuddes van u metgeselle?
8As u dit self nie weet nie, mooiste onder die vroue, gaan dan uit op die spore van die skape en laat u bokkies wei by die hutte van die herders.
9Met die perde voor 'n wa van Farao vergelyk ek u, my vriendin!
10 Lieflik is u wange tussen die kettinkies, u hals in die snoere.
11Ons sal vir u goue kettinkies maak met silwerknoppe.
12So lank as die koning aan sy tafel was, het my nardus sy geur gegee.
13My beminde is vir my 'n bossie mirre wat tussen my borste rus.
14My beminde is vir my 'n tros hennablomme in die wingerde van Éngedi.
15Hoe mooi is u tog, my vriendin! Hoe mooi is u tog, u oë is soos duiwe!
16Hoe mooi is u tog, my beminde, ja lieflik; ook is ons bed in die groenigheid.
17Die balke van ons huise is seders, ons paneelwerk sipresse.

Currently Selected:

HOOGLIED 1: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy