PSALMS 42
AFR53
42
Heimwee na God.
1VIR die musiekleier. ’n Onderwysing van #I Kron. 6:33 ens.die kinders van Korag.
2Soos ’n hert wat smag na waterstrome, so smag my siel na U, o God!
3My siel dors na God, na die lewende God; wanneer sal ek ingaan en #Ps. 84:8voor die aangesig van God verskyn?
4 # Ps. 80:6 My trane is my spys dag en nag, #Ps. 79:10omdat hulle die hele dag vir my sê: Waar is jou God?
5Hieraan wil ek dink en #I Sam. 1:15my siel uitstort in my: hoe ek gewoond was om voort te trek met die skare, #Ps. 120 – 134, verse 1hulle gelei het na die huis van God, met die stem van jubel en lof — ’n feesvierende menigte!
6 # Vers 12 Wat buig jy jou neer, o my siel, en is onrustig in my? Hoop op God; want ek sal Hom nog loof — die verlossing van sy aangesig!
7 o My God, my siel buig hom neer in my; daarom dink ek aan U #II Sam. 17:22uit die land van die Jordaan en die #Deut. 3:9Hermons, van die klein gebergte af.
8Die vloed roep na die vloed by die gedruis van u waterstrome; #Jona 2:3al u bare en u golwe het oor my heengegaan.
9 Maar die Here sal oordag #Ps. 133:3sy goedertierenheid gebied, en #Job 35:10in die nag sal sy lied by my wees, ’n gebed tot die God van my lewe.
10Ek wil spreek tot God: #II Sam. 22:2My rots, waarom vergeet U my? #Ps. 43:2Waarom gaan ek in die rou deur die vyande se verdrukking?
11Met ’n doodsteek in my gebeente smaad my teëstanders my as hulle die hele dag vir my sê: Waar is jou God?
12 # Ps. 43:5 Wat buig jy jou neer, o my siel, en wat is jy onrustig in my? Hoop op God, want ek sal Hom nog loof — die verlossing van my aangesig en my God!

Verskaf met die komplimente van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. © Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Ondersteun ons en word ‘n saaier van hoop.

Learn More about the Afrikaans 1933/1953