YouVersion Logo
Search Icon

PSALMS 29

29
'n Onweerspsalm.
1 'n PSALM van Dawid.
Gee aan die Here, o hemelinge, gee aan die Here eer en sterkte!
2Gee aan die Here die eer van sy Naam; aanbid die Here in heilige sieraad!
3Die stem van die Here is op die waters, die God van eer donder; die Here is op die groot waters.
4Die stem van die Here is met krag; die stem van die Here is met heerlikheid.
5Die stem van die Here breek seders; ja, die Here verbreek die seders van die Líbanon;
6en Hy laat hulle opspring soos 'n kalf, die Líbanon en Sirjon soos 'n jong buffel.
7Die stem van die Here slaan daar vuurvlamme uit.
8Die stem van die Here laat die woestyn bewe; die Here laat die woestyn van Kades bewe.
9Die stem van die Here laat die takbokke lam en maak die bosse kaal; maar in sy paleis sê elkeen: Heerlikheid!
10Die Here het gesit oor die Watervloed; ja, die Here sit as Koning tot in ewigheid.
11Die Here sal sy volk sterkte gee, die Here sal sy volk seën met vrede.

Currently Selected:

PSALMS 29: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy