YouVersion Logo
Search Icon

PSALMS 28

28
Gebed om verlossing.
1 'n PSALM van Dawid.
Ek roep U aan, o Here! My rots, draai nie stilswygend van my af weg nie, sodat ek nie, as U teenoor my bly swyg, word soos die wat in die kuil neerdaal nie.
2Hoor die stem van my smekinge as ek U aanroep om hulp, as ek my hande ophef na die binneste van u heiligdom.
3Ruk my nie weg saam met die goddelose en saam met die werkers van ongeregtigheid nie; wat van vrede spreek met hulle naaste, maar daar is kwaad in hulle hart.
4Gee hulle na hul dade en na die boosheid van hul handelinge; gee hulle na die werk van hul hande; vergeld hulle na hulle dade.
5Omdat hulle nie let op die dade van die Here of op die werk van sy hande nie, sal Hy hulle afbreek en hulle nie bou nie.
6Geloofd sy die Here, want Hy het die stem van my smekinge gehoor.
7Die Here is my sterkte en my skild; op Hom het my hart vertrou, en ek is gehelp; daarom jubel my hart en sal ek Hom loof met my gesang.
8Die Here is 'n sterkte vir hulle, en Hy is 'n vesting van verlossing vir sy gesalfde.
9Verlos u volk en seën u erfdeel, en wees vir hulle 'n herder en dra hulle tot in ewigheid.

Currently Selected:

PSALMS 28: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy