YouVersion Logo
Search Icon

PSALMS 10

10
Teenoor hoogmoedige vyande word toevlug geneem tot God.
1 o Here, waarom staan U so ver weg en hou U verborge in tye van benoudheid?
2In sy trotsheid vervolg die goddelose die ellendige. Laat hulle gegryp word in die listige planne wat hulle uitgedink het!
3Want die goddelose juig oor die begeerte van sy siel; en hy seën hom wat onregverdige wins maak, hy verag die Here.
4Die goddelose, met sy neus in die hoogte, sê: Hy ondersoek nie: daar is geen God nie — dit is al sy gedagtes!
5Sy weë is altyd voorspoedig; hoog daarbo is u gerigte, weg van hom af; al sy teëstanders — hy blaas op hulle.
6Hy sê in sy hart: Ek sal nie wankel nie; van geslag tot geslag is ek die een wat nie in die ongeluk sal wees nie.
7 Sy mond is vol van vloek en van bedrog en verdrukking; onder sy tong is moeite en onreg.
8Hy sit in die hinderlae by die dorpe; in skuilplekke maak hy die onskuldige dood; sy oë loer op die ongelukkige.
9Hy loer in die skuilhoek soos 'n leeu in sy lêplek; hy loer om die ellendige te vang; hy vang die ellendige deur sy net toe te trek;
10en verbryseld sink dié terneer, en die ongelukkiges val in sy mag.
11Hy sê in sy hart: God vergeet dit; Hy verberg sy aangesig; vir ewig sien Hy dit nie.
12Staan op, Here! o God, hef u hand op; vergeet die ellendiges nie!
13Die goddelose, waarom verag hy God en sê in sy hart: U soek dit nie?
14U het dit gesien; want U aanskou die moeite en verdriet, sodat 'n mens dit in u hand sal gee. Aan U gee die ongelukkige dit oor; U was 'n helper van die wees.
15Verbreek die arm van die goddelose en slegte; besoek sy goddeloosheid totdat U niks vind nie!
16Die Here is Koning vir ewig en altyd; die heidene het vergaan uit sy land.
17 Here, U het die begeerte van die ootmoediges gehoor; U sal hulle hart versterk, u oor sal luister
18om aan die wees en verdrukte reg te doen. Geen mens uit die aarde sal langer voortgaan om skrik aan te jaag nie.

Currently Selected:

PSALMS 10: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy