YouVersion Logo
Search Icon

SPREUKE 9

9
Die feesmaal van die Wysheid.
1 DIE Wysheid het haar huis gebou, haar sewe pilare uitgekap,
2 haar slagvee geslag, haar wyn gemeng, ook haar tafel gedek.
3Sy het haar diensmeisies uitgestuur, sy nooi uit op die hange van die stadshoogtes:
4Wie eenvoudig is, laat hy inkom hierheen, wie verstandeloos is, vir hom sê sy:
5Kom, eet julle van my brood, en drink van die wyn wat ek gemeng het;
6laat staan die eenvoudigheid, dan sal julle lewe, en betree die weg van verstand.
7Hy wat 'n spotter teregwys, behaal vir homself skande, en hy wat 'n goddelose bestraf, vir homself 'n skandvlek.
8 Bestraf 'n spotter nie, anders haat hy jou; bestraf 'n wyse, en hy sal jou liefhê.
9Deel mee aan die wyse, en hy sal nog wyser word, leer die regverdige, en hy sal insig vermeerder.
10 Die beginsel van die wysheid is die vrees van die Here, en kennis van die Heilige is verstand.
11 Want deur my word jou dae meer en word jare van lewe vir jou toegevoeg.
12 As jy wys is, is jy wys tot jou voordeel, en is jy 'n spotter, dan moet jy dit alleen dra.
13 Vrou Dwaasheid is onrustig, pure eenvoudigheid en heeltemal onkundig;
14en sy sit by die deur van haar huis, op 'n stoel op die hoogtes van die stad,
15om te nooi die wat op die weg verbygaan, die wat op hulle paaie reguit wandel:
16Wie eenvoudig is, laat hy inkom hierheen! En die verstandelose, aan hom sê sy:
17 Gesteelde waters is soet, en brood in die geheim geëet, is lekker.
18Maar hy weet nie dat dáár skimme is, dat haar genooides in die dieptes van die doderyk is nie.

Currently Selected:

SPREUKE 9: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy