YouVersion Logo
Search Icon

SPREUKE 29

29
1 'n MAN wat baie bestraf is, en sy nek verhard, sal onvoorsiens verbreek word sonder dat daar genesing is.
2As die regverdiges talryk word, is die volk bly; maar as die goddelose heers, sug die volk.
3'n Man wat die wysheid liefhet, verbly sy vader; maar hy wat met hoere omgaan, bring die goed deur.
4'n Koning hou deur reg die land in stand, maar 'n man wat belastings afpers, verwoes dit.
5'n Man wat sy naaste vlei, sprei 'n net uit voor sy voetstappe.
6In die oortreding van 'n slegte mens is 'n strik, maar die regverdige sal jubel en bly wees.
7 Die regverdige ken die reg van die armes, maar die goddelose verkry geen kennis nie.
8Manne wat spot, bring 'n stad in oproer, maar die wyse bring die toorn tot bedaring.
9Het 'n wyse man met 'n sot 'n regsaak, dan gaan die sot te kere en lag, sonder bedaring.
10Manne van bloed haat die regskapene, en hulle soek die lewe van die opregtes.
11 'n Dwaas laat al sy toorn uitvaar, maar 'n wyse bring dit eindelik tot bedaring.
12'n Heerser wat luister na 'n leuenagtige woord, sy dienaars is almal goddeloos.
13Die arme en die man wat verdruk, ontmoet mekaar, die Here verlig altwee se oë.
14 'n Koning wat getrou aan die armes reg verskaf, sy troon sal vir altyd bevestig wees.
15 Die roede en die bestraffing gee wysheid; maar 'n seun wat aan homself oorgelaat word, steek sy moeder in die skande.
16As die goddelose vermeerder, vermeerder die oortreding; maar die regverdiges aanskou met welgevalle hulle ondergang.
17Tugtig jou seun, dan sal hy jou rus gee en aan jou siel vreugde verskaf.
18 As daar geen openbaring is nie, word die volk bandeloos; maar hy wat die wet onderhou, gelukkig is hy.
19Met woorde laat 'n slaaf hom nie waarsku nie; want hy verstaan dit wel, maar hy steur hom daar nie aan nie.
20Het jy 'n man gesien wat haastig is in sy woorde? Vir 'n dwaas is daar meer hoop as vir hom.
21As 'n mens sy slaaf van jongs af verwen, word hy op die end ondankbaar.
22'n Opvlieënde man verwek twis, en 'n driftige man is ryk aan oortreding.
23 Die trotsheid van 'n mens verneder hom, maar die nederige van gees sal eer verkry.
24Hy wat saam met 'n dief deel, haat sy eie siel; hy hoor die beswering, maar openbaar niks nie.
25 Die vrees vir die mens span 'n strik; maar hy wat op die Here vertrou, sal beskut word.
26Daar is baie wat die aangesig van die heerser soek, maar die reg van 'n mens kom van die Here.
27'n Man van onreg is vir die regverdiges 'n gruwel, en vir die goddelose is die opregte van wandel 'n gruwel.

Currently Selected:

SPREUKE 29: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy