YouVersion Logo
Search Icon

SPREUKE 14

14
1DIE wysheid van die vroue bou die huis, maar die sotheid breek dit met eie hande af.
2Wie in sy opregtheid wandel, vrees die Here; maar hy wat verkeerd is in sy weë, verag Hom.
3In die mond van die sot is 'n roede vir sy trots, maar die lippe van die wyse bewaar hulle.
4Waar geen beeste is nie, is die krip leeg, maar deur die krag van die os is die inkomste baie.
5'n Betroubare getuie lieg nie, maar 'n valse getuie strooi leuens uit.
6Die spotter soek wysheid, en dit is nie daar nie; maar vir die verstandige is kennis maklik.
7Gaan weg voor 'n dwase man, want jy het daar niks gemerk van die lippe van kennis nie.
8Die wysheid van die skrandere is om sy weg te verstaan, maar die sotheid van die dwase is bedrog.
9Die skuldoffer spot met die dwase, maar tussen die opregtes is daar welwillendheid.
10Die hart ken sy eie verdriet, en in sy blydskap kan 'n ander hom nie meng nie.
11Die huis van die goddelose word verdelg, maar die tent van die opregtes bloei.
12 Daar is 'n weg wat vir 'n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.
13Ook onder gelag kan die hart pyn ly, en die einde van so 'n blydskap is bekommernis.
14 Uit sy eie wandel word die verkeerde van hart versadig, maar die goeie man uit syne.
15Die eenvoudige glo elke woord, maar die skrandere let op sy voetstappe.
16Die wyse vrees en wyk af van die kwaad, maar die dwaas bruis op en is vol selfvertroue.
17Wie kortgebonde is, begaan sotheid; en 'n slinkse man word gehaat.
18Die eenvoudiges verkry sotheid as 'n erfenis, maar die skranderes word met kennis gekroon.
19Die slegtes moet buig voor die goeies, en die goddelose by die poorte van die regverdige.
20 Die arme word selfs deur sy naaste gehaat, maar die vriende van die ryke is talryk.
21Wie sy naaste verag, doen sonde; maar hy wat medelyde het met die ellendiges, hy is gelukkig.
22Verdwaal hulle nie wat onheil bewerk nie? Maar liefde en trou is vir die wat die goeie bewerk.
23In enige moeitevolle arbeid is voordeel, maar praatjies is net tot gebrek.
24Die kroon van die wyse is hulle rykdom, die sotheid van die dwase bly sotheid.
25'n Betroubare getuie red lewens, maar hy wat leuens uitstrooi, is bedrog.
26In die vrees van die Here lê 'n sterk sekerheid, ook vir die kinders van 'n sodanige sal daar 'n toevlug wees.
27Die vrees van die Here is 'n fontein van die lewe, om van die strikke van die dood af te wyk.
28In die menigte van die volk lê die heerlikheid van die koning, maar in die gebrek aan mense die ondergang van die vors.
29 Die lankmoedige is groot van verstand, maar die kortgebondene behaal sotheid.
30'n Rustige hart is die lewe vir die vlees, maar hartstog 'n verrotting vir die gebeente.
31Wie die geringe verdruk, versmaad sy Maker, maar hy wat hom oor die behoeftige ontferm, eer Hom.
32In sy ongeluk word die goddelose omgestoot, maar die regverdige vind 'n toevlug by sy dood.
33Wysheid rus in die hart van die verstandige, word selfs rugbaar te midde van die dwase.
34Geregtigheid verhoog 'n volk, maar die sonde is 'n skandvlek vir die nasies.
35Die welbehae van die koning is vir 'n verstandige dienaar, maar een wat skande maak, is 'n voorwerp van sy grimmigheid.

Currently Selected:

SPREUKE 14: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy