YouVersion Logo
Search Icon

JOB 4

4
Élifas is verwonderd dat Job, wat ander mense kon troos, nou self so moedeloos is.
1TOE antwoord Élifas, die Temaniet, en sê:
2As 'n mens dit met 'n woord by jou waag, sal jy ontstemd wees? Maar woorde inhou — wie kan dit?
3Kyk, jy het baie mense tereggewys en slap hande versterk.
4Jou woorde het opgerig die wat struikel, en jy het knikkende knieë versterk.
5Maar nou dat dit jóú oorkom, is jy moedverlore; nou dat dit jóú tref, is jy verslae!
Laat Job op sy vroomheid vertrou, dan kom alles reg. Net groot sondaars kom gewelddadig om.
6IS jou Godsvrees nie jou hoop, jou vrome wandel nie jou verwagting nie?
7Bedink tog, wie het ooit onskuldig omgekom, en waar is opregtes verdelg?
8Volgens ek gesien het: Die wat onreg ploeg en moeite saai, dié maai dit.
9Deur die asem van God kom hulle om, en deur die geblaas van sy toorn word hulle vernietig.
10Die gebrul van die leeu en die stem van die bruller — ja, die tande van die jong leeus word uitgebreek.
11Die leeu kom om by gebrek aan prooi, en die kleintjies van die leeuin word verstrooi.
Laat Job onthou dat niemand regverdig is voor God nie.
12VERDER is 'n woord op geheimsinnige wyse na my gebring, en my oor het 'n gefluister daarvan opgevang,
13by die gedagtespel, uit naggesigte gebore, wanneer diepe slaap op die mense val.
14Skrik het oor my gekom en siddering en het my hele gebeente laat bewe.
15Toe skuif daar 'n gees voor my verby; die hare van my vlees het opgerys.
16Hy bly staan, maar ek kon sy gedaante nie herken nie — 'n verskyning voor my oë! Ek hoor die gefluister van 'n stem wat sê:
17 Sou 'n sterfling regverdig wees voor God? Of 'n man rein wees voor sy Maker?
18Kyk, in sy dienaars stel Hy geen vertroue nie, en by sy engele ontdek Hy dwaling.
19Hoeveel meer by hulle wat kleihuise bewoon, van wie die grondslag in die stof is, wat fyngedruk word soos 'n mot.
20Tussen môre en aand word hulle verpletter; hulle kom vir ewig om sonder dat iemand daar ag op gee.
21 Word hulle tentlyn nie losgeruk in hulle nie? Hulle sterwe, en dit sonder wysheid.

Currently Selected:

JOB 4: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy