YouVersion Logo
Search Icon

JOB 2

2
1EN op 'n dag toe die seuns van God kom om hulle voor die Here te stel, het die Satan ook onder hulle gekom om hom voor die Here te stel.
2 Toe vra die Here vir die Satan: Waar kom jy vandaan? En die Satan antwoord die Here en sê: Van 'n swerftog oor die aarde, wat ek deurkruis het.
3 En die Here vra vir die Satan: Het jy ag gegee op my kneg Job? Want daar is niemand op die aarde soos hy nie: 'n man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad; en hy volhard nog in sy vroomheid, alhoewel jy My teen hom opgehits het om hom te vernietig sonder oorsaak.
4Toe het die Satan die Here geantwoord en gesê: Huid vir huid, en alles wat iemand het, sal hy gee vir sy lewe;
5 maar strek net u hand uit en tas sy gebeente en sy vlees aan — waarlik, hy sal U in u aangesig seën!
6En die Here sê aan die Satan: Kyk, hy is in jou hand; spaar net sy lewe.
7En die Satan het weggegaan van die aangesig van die Here, en hy het Job met bose swere getref, van sy voetsool tot sy skedel.
8En hy het vir hom 'n potskerf geneem om hom daarmee te krap, terwyl hy in die as sit.
9Toe sê sy vrou vir hom: Volhard jy nog in jou vroomheid? Seën God, en sterf!
10Maar hy antwoord haar: Soos 'n dwaas praat, praat jy! Die goeie sou ons van God aanneem, en nie ook die slegte aanneem nie? By dit alles het Job nie gesondig met sy lippe nie.
Job se vriende kom by hom.
11EN toe die drie vriende van Job hoor van al hierdie onheile wat hom getref het, het hulle gekom, elkeen uit sy woonplek: Élifas, die Temaniet, en Bildad, die Suhiet, en Sofar, die Naämatiet; en hulle het volgens afspraak byeengekom om hom hul deelneming te betuig en hom te troos.
12En toe hulle op 'n afstand hul oë opslaan en hom nie herken nie, het hulle hul stem verhef en geween; ook het hulle elkeen sy mantel geskeur en stof op hul hoofde gestrooi na die hemel toe.
13En hulle het by hom op die grond gaan sit, sewe dae en sewe nagte lank, sonder dat iemand 'n woord met hom gepraat het; want hulle het gesien dat die smart baie groot was.

Currently Selected:

JOB 2: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy