YouVersion Logo
Search Icon

DEUTERONÓMIUM 27

27
Bevel om gedenkstene en 'n altaar wes van die Jordaan op te rig en om die seën en vloek daar uit te spreek.
1EN Moses het saam met die oudstes van Israel aan die volk bevel gegee en gesê: Onderhou al die gebooie wat ek julle vandag beveel.
2En die dag as julle deur die Jordaan gaan in die land wat die Here jou God jou sal gee, moet jy vir jou groot klippe oprig en dit met kalk bestryk.
3 En jy moet as jy oortrek daarop skrywe al die woorde van hierdie wet, sodat jy kan kom in die land wat die Here jou God jou sal gee, 'n land wat oorloop van melk en heuning, soos die Here, die God van jou vaders, jou beloof het.
4As julle dan deur die Jordaan trek, moet julle hierdie klippe waaromtrent ek julle vandag bevel gee, op die berg Ebal oprig, en jy moet dit met kalk bestryk.
5En jy moet daar vir die Here jou God 'n altaar bou, 'n altaar van klippe; jy mag geen yster daaroor swaai nie.
6Van ongekapte klippe moet jy die altaar van die Here jou God bou; en jy moet daarop brandoffers bring aan die Here jou God.
7Ook moet jy dankoffers slag en daar eet en vrolik wees voor die aangesig van die Here jou God.
8En jy moet op die klippe baie duidelik skrywe al die woorde van hierdie wet.
9Verder het Moses en die Levitiese priesters die hele Israel toegespreek en gesê: Wees stil en luister, o Israel! Vandag het jy die volk van die Here geword.
10Daarom moet jy na die stem van die Here jou God luister en sy gebooie en sy insettinge volbring wat ek jou vandag beveel.
11En Moses het aan die volk op dié dag bevel gegee en gesê:
12 Hierdie stamme moet staan om die volk te seën op die berg Gerísim as julle deur die Jordaan getrek het: Símeon en Levi en Juda en Íssaskar en Josef en Benjamin.
13En hierdie moet staan om te vervloek op die berg Ebal: Ruben, Gad en Aser en Sébulon, Dan en Náftali.
14En die Leviete moet verklaar en aan al die manne van Israel hardop sê:
15 Vervloek is die man wat 'n gesnede of gegote beeld maak, 'n gruwel vir die Here, werk van 'n ambagsman se hande, en dit in die geheim opstel; en die hele volk moet antwoord en sê: Amen.
16 Vervloek is hy wat sy vader of sy moeder verag; en die hele volk moet sê: Amen.
17 Vervloek is hy wat sy naaste se grenslyn verlê; en die hele volk moet sê: Amen.
18 Vervloek is hy wat 'n blinde op die dwaalweg lei; en die hele volk moet sê: Amen.
19 Vervloek is hy wat die reg van vreemdeling, wees en weduwee verdraai; en die hele volk moet sê: Amen.
20 Vervloek is hy wat met die vrou van sy vader gemeenskap het, want hy het die kombers van sy vader opgelig; en die hele volk moet sê: Amen.
21 Vervloek is hy wat met enige dier gemeenskap het; en die hele volk moet sê: Amen.
22 Vervloek is hy wat met sy suster, die dogter van sy vader of die dogter van sy moeder, gemeenskap het; en die hele volk moet sê: Amen.
23 Vervloek is hy wat met sy skoonmoeder gemeenskap het; en die hele volk moet sê: Amen.
24 Vervloek is hy wat sy naaste in die geheim doodslaan; en die hele volk moet sê: Amen.
25 Vervloek is hy wat 'n omkoopgeskenk aanneem om 'n persoon — onskuldige bloed — dood te slaan; en die hele volk moet sê: Amen.
26 Vervloek is hy wat die woorde van hierdie wet nie hou om dit te doen nie; en die hele volk moet sê: Amen.

Currently Selected:

DEUTERONÓMIUM 27: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy