YouVersion Logo
Search Icon

PSALMS 71

71
In die ouderdom — verlaat my nie!
1 BY U, o Here, skuil ek: laat my nie vir altyd beskaamd staan nie!
2Red my deur u geregtigheid en bevry my; neig u oor tot my en verlos my!
3Wees vir my 'n rots om in te woon, om gedurig in te gaan; U wat bevel gegee het om my te verlos, want U is my rots en my bergvesting.
4My God, red my uit die hand van die goddelose, uit die mag van hom wat onreg doen, en van die geweldenaar.
5Want U is my verwagting, Here Here, my vertroue van my jeug af.
6Op U het ek gesteun van die geboorte af, van die moederskoot af is U my bevryder; oor U is my lof altyddeur.
7Ek was vir baie soos 'n wonder; maar U is my magtige toevlug.
8My mond is vol van u lof, die hele dag van u roem.
9 Verwerp my nie in die tyd van die ouderdom nie, verlaat my nie as my krag gedaan is nie.
10Want my vyande praat van my, en die wat op my lewe loer, hou saam raad
11en sê: God het hom verlaat; agtervolg en gryp hom, want daar is geen redder nie!
12 o God, wees nie ver van my af nie; my God, maak tog gou om my te help!
13Laat hulle wat my as vyand behandel, beskaamd staan, verteer word; laat hulle wat my ongeluk soek, hulleself toedraai in smaad en skande.
14Maar ék sal altyddeur hoop en al u lof vermeerder.
15 My mond sal u geregtigheid vertel, die hele dag u heil; want ek ken nie die maat daarvan nie.
16Ek sal kom met die magtige dade van die Here Here; ek sal u geregtigheid vermeld, dié van U alleen.
17 o God, U het my geleer van my jeug af, en tot nou toe verkondig ek u wonders.
18En ook tot die ouderdom en die grysheid toe — o God, verlaat my nie, totdat ek aan die volgende geslag u arm verkondig, aan almal wat sal kom, u mag.
19 Ook is u geregtigheid, o God, tot in die hoogte; U wat groot dinge gedoen het, o God, wie is soos U?
20U wat my baie en bange node laat sien het, sal my weer lewend maak en my weer ophaal uit die watervloede van die aarde.
21Vermeerder my grootheid, en wend U om en troos my.
22So wil ek U dan ook loof met die instrument van die harp, u trou, my God! Ek wil psalmsing tot u eer op die siter, o Heilige van Israel!
23My lippe sal jubel as ek psalmsing tot u eer, en my siel, wat U verlos het.
24Ook sal my tong u geregtigheid die hele dag prys, want hulle het beskaamd gestaan, want hulle wat my ongeluk soek, het rooi van skaamte geword.

Currently Selected:

PSALMS 71: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy