PSALMS 67
AFR53
67
Danklied by die oes.
1VIR die musiekleier; met #Ps. 4:1snaarinstrumente. #Ps. 48:1’n Psalm. ’n Lied.
2 # Núm. 6:24,25 Mag God ons genadig wees en ons seën; #Ps. 4:7mag Hy sy aangesig by ons laat skyn! Sela.
3Sodat die mense op aarde u weg kan ken, #Lk. 2:30,31onder al die nasies u heil.
4 # Ps. 66:4 Die volke sal U loof, o God, die volke almal saam sal U loof.
5Die nasies sal bly wees en jubel, omdat U die volke regverdig oordeel en die nasies op aarde lei. Sela.
6Die volke sal U loof, o God, die volke almal saam sal U loof.
7 # Lev. 26:4; Ps. 85:13 Die aarde het sy opbrings gelewer; God, onse God, sal ons seën.
8God sal ons seën, en #Ps. 22:28al die eindes van die aarde sal Hom vrees.

Verskaf met die komplimente van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. © Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Ondersteun ons en word ‘n saaier van hoop.

Learn More About Afrikaans 1933/1953