YouVersion Logo
Search Icon

PSALMS 66

66
Loflied ná lyde.
1VIR die musiekleier. 'n Lied. 'n Psalm.
Juig tot eer van God, o ganse aarde!
2Besing die eer van sy Naam, maak heerlik sy lofsang!
3Sê tot God: Hoe vreeslik is u werke! Deur die grootheid van u sterkte sal u vyande kruipende na U toe kom.
4Laat die hele aarde U aanbid en psalmsing tot u eer; laat dit u Naam verhef in psalmgesang. Sela.
5 Kom en aanskou die dade van God, Hy wat gedug is in werking oor die mensekinders.
6 Hy het die see verander in droë land; hulle het te voet deur die rivier gegaan. Daar was ons bly in Hom.
7Hy heers vir ewig deur sy mag; sy oë hou wag oor die nasies. Laat die wederstrewiges hulleself nie verhef nie. Sela.
8Loof, volke, onse God, en laat hoor die stem wat Hom roem —
9wat aan ons siel die lewe gee en nie toelaat dat ons voet wankel nie.
10Want U het ons getoets, o God, U het ons gelouter soos 'n mens silwer louter.
11U het ons in die net gebring, 'n swaar las op ons heupe gelê.
12 U het mense oor ons hoof laat ry; ons het in die vuur en in die water gekom, maar U het ons uitgelei in die oorvloed.
13 Ek sal met brandoffers in u huis ingaan; ek sal U my geloftes betaal,
14wat my lippe geuit en my mond uitgespreek het toe ek benoud was.
15Brandoffers van vet diere sal ek U bring saam met offerrook van ramme; ek sal beeste saam met bokke berei. Sela.
16Kom luister, en laat my vertel, julle almal wat God vrees, wat Hy aan my siel gedoen het.
17Ek het Hom aangeroep met my mond, en lofgesang was onder my tong.
18As ek ongeregtigheid bedoel het in my hart, sou die Here nie gehoor het nie.
19Waarlik, God het gehoor; Hy het geluister na die stem van my gebed.
20Geloofd sy God wat my gebed nie afgewys en sy goedertierenheid aan my nie onttrek het nie!

Currently Selected:

PSALMS 66: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy