YouVersion Logo
Search Icon

PSALMS 62

62
Stil tot God!
1VIR die musiekleier; op die wysie van: „Jedútun.” 'n Psalm van Dawid.
2Ja, my siel is stil tot God; van Hom is my heil.
3Hy alleen is my rots en my heil, my rotsvesting; ek sal nie grootliks wankel nie.
4Hoe lank sal julle aanstorm op 'n man, julle almal hom verbrysel soos 'n muur wat oorhang, 'n omgestote klipmuur?
5Ja, hulle hou raad om hom van sy hoogte af te stoot; hulle het behae in leuens; met hul mond seën hulle, maar met hul binneste vloek hulle. Sela.
6Wees net maar stil tot God, my siel, want van Hom is my verwagting!
7Sekerlik, Hy is my rots en my heil, my rotsvesting; ek sal nie wankel nie.
8By God is my heil en my eer; die rots van my sterkte, my toevlug is in God.
9Vertrou op Hom altyd, o volk! Stort julle hart uit voor sy aangesig! God is 'n toevlug vir ons. Sela.
10 Ja, nietigheid is die mensekinders, leuens is die aansienlikes; in die weegskaal moet hulle opgaan, almal saam is hulle minder as nietigheid.
11Vertrou nie op verdrukking en bou geen ydele hoop op rowery nie; as die vermoë aangroei, sit daar die hart nie op nie!
12 Een ding het God gespreek, twee is dit wat ek gehoor het: dat die sterkte aan God behoort,
13en aan U, o Here, behoort die goedertierenheid; want U vergeld elkeen na sy werk.

Currently Selected:

PSALMS 62: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy