YouVersion Logo
Search Icon

PSALMS 17

17
Gebed om redding.
1 'n GEBED van Dawid.
Here, hoor 'n regverdige saak, let op my smeking; luister tog na my gebed met onbedrieglike lippe.
2Laat my reg van u aangesig uitgaan; laat u oë regverdig sien.
3U het my hart getoets, dit in die nag ondersoek, U het my gekeur, U vind niks nie; wat ek ook dink, my mond oortree nie.
4Aangaande die handelinge van die mens, ék het deur die woord van u lippe die paaie van die geweldenaar vermy.
5 My gange het vasgehou aan u spore, my voetstappe het nie gewankel nie.
6Ek roep U aan, want U verhoor my, o God! Neig u oor tot my, luister na my woord!
7Maak u gunsbewyse wonderbaar, o verlosser van die wat by u regterhand skuil vir teëstanders!
8Bewaar my soos 'n oogappel; verberg my in die skaduwee van u vleuels
9teen die goddelose wat my geweld aandoen, my doodsvyande wat my omring.
10Hulle het hul gevoel afgesluit; met hul mond spreek hulle hoogmoedig.
11Nou het hulle ons in ons gang omsingel; hulle rig hul oë daarop om ons op die grond uit te strek.
12Hy is soos 'n leeu wat begerig is om te verskeur, en soos 'n jong leeu wat in skuilplekke klaar lê.
13Staan op, Here, gaan hom tegemoet, werp hom neer; red my van die goddelose met u swaard;
14met u hand van die manne, o Here, van die manne wie se deel in die lewe uit die wêreld is en wie se buik U vul met u verborge skat; wie se seuns daarvan nog sat is, wat weer hul oorskot aan hulle kinders laat agterbly.
15Maar ek sal u aangesig in geregtigheid aanskou; ek sal versadig word met u beeld as ek wakker word.

Currently Selected:

PSALMS 17: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy