PSALMS 130
AFR53
130
Uit die dieptes.
1 # Ps. 120:1 ’n BEDEVAARTSLIED.
# Ps. 69:3,15; Klaagl. 3:55 Uit die dieptes roep ek U aan, o Here!
2Here, hoor na my stem; laat u ore luister na die stem van my smekinge.
3As U, Here, #Job 10:14; Ps. 90:8die ongeregtighede in gedagtenis hou, Here, #Ps. 143:2wie sal #Ps. 76:8bestaan?
4Maar by U is #Ps. 86:5; Jes. 55:7vergewing, #I Kon. 8:39 ens.dat U gevrees mag word.
5 # Ps. 40:2; Jes. 26:8 Ek wag op die Here; my siel wag, en #Ps. 119:74ek hoop op sy woord.
6My siel wag op die Here meer as wagters op die môre, wagters op die môre.
7 # Ps. 131:3 Wag op die Here, o Israel! want by die Here is die goedertierenheid, en by Hom is daar veel verlossing;
8en #Ps. 25:22Hy self sal Israel verlos van al sy ongeregtighede.

Verskaf met die komplimente van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. © Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Ondersteun ons en word ‘n saaier van hoop.

Learn More About Afrikaans 1933/1953