PSALMS 129
AFR53
129
Die einde van Israel se vyande.
1 # Ps. 120:1 ’n BEDEVAARTSLIED.
Alreeds te veel het hulle my as vyand behandel van #Hos. 2:15my jeug af — #Ps. 124:1laat Israel dit sê —
2alreeds te veel het hulle my as vyand behandel van my jeug af; #II Kor. 4:8 ens.tog het hulle my nie oorwin nie.
3 # Jes. 50:6 Ploeërs het op my rug geploeg; hulle het hul vore lank getrek.
4Die Here is regverdig: Hy het die #Ps. 2:3toue van die goddelose afgekap.
5Laat hulle beskaamd staan en agteruitwyk, almal wat Sion haat.
6Laat hulle word #II Kon. 19:26; Jes. 37:27soos gras op die dakke wat verdor voordat ’n mens dit uittrek,
7waarmee die maaier sy hand en die gerwebinder sy arm nie vul nie.
8Sodat die wat verbygaan, nie sê nie: #Rut 2:4Die seën van die Here oor julle! #Ps. 118:26Ons seën julle in die Naam van die Here.

Verskaf met die komplimente van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. © Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Ondersteun ons en word ‘n saaier van hoop.

Learn More About Afrikaans 1933/1953