YouVersion Logo
Search Icon

PSALMS 110

110
Die Priesterkoning.
1VAN Dawid. 'n Psalm.
Die Here het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand, totdat Ek u vyande maak 'n voetbank vir u voete.
2U magtige septer sal die Here uitstrek uit Sion en sê: Heers te midde van u vyande.
3U volk sal baie gewillig wees op die dag van u krygsmag; in heilige feesgewade, uit die moederskoot van die dageraad sal vir U wees die dou van u jong manskappe.
4 Die Here het gesweer, en dit sal Hom nie berou nie: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek.
5Die Here aan u regterhand verbrysel konings op die dag van sy toorn.
6Hy sal 'n strafgerig hou onder die nasies; Hy maak dit vol dooie liggame; Hy verbrysel 'n hoof oor 'n groot land.
7Uit die stroom sal Hy drink op die pad; daarom sal Hy die hoof ophef.

Currently Selected:

PSALMS 110: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy