YouVersion Logo
Search Icon

SPREUKE 26

26
1SOOS sneeu in die somer en soos reën in die oestyd, so pas eer nie by 'n dwaas nie.
2Soos die voëltjie wegfladder, soos die swaweltjie wegvlieg, so is 'n vervloeking sonder oorsaak: dit kom nie uit nie.
3'n Sweep is vir die perd, 'n toom vir die esel en 'n roede vir die rug van die dwase.
4 Antwoord 'n dwaas nie na sy sotheid nie, sodat jy ook nie net soos hy word nie.
5 Antwoord 'n dwaas na sy sotheid, sodat hy nie wys is in sy eie oë nie.
6Hy kap sy voete af, hy ly onreg, wat 'n boodskap stuur deur middel van 'n dwaas.
7Soos die bene van 'n lamme slap afhang, so is 'n spreuk in die mond van die dwase.
8Soos een wat 'n klip in 'n slinger vasbind, so is hy wat eer gee aan 'n dwaas.
9Soos 'n doring wat in die hand van 'n dronkaard geraak het, so is 'n spreuk in die mond van die dwase.
10Soos 'n skutter wat alles in gevaar bring, is hy wat 'n dwaas huur, sowel as hy wat verbygangers huur.
11Soos 'n hond wat na sy uitbraaksel teruggaan, is 'n dwaas wat sy sotheid weer ophaal.
12Het jy 'n man gesien wat wys is in sy eie oë? Daar is meer hoop vir 'n dwaas as vir hom.
13 Die luiaard sê: Daar is 'n leeu op die pad, 'n leeu op die pleine.
14'n Deur draai rond op sy skarniere, so die luiaard op sy bed.
15 Het die luiaard sy hand in die skottel gesteek, hy is te moeg om dit na sy mond terug te bring.
16Die luiaard is wyser in sy eie oë as sewe wat verstandig antwoord.
17Hy wat 'n verbylopende hond aan die ore gryp, is een wat hom vererg oor 'n twis wat hom nie aangaan nie.
18Soos een wat onverskillig vuurpyle, dodelike pyle afskiet,
19so is die man wat sy naaste bedrieg en sê: Ek speel sommer.
20Deur gebrek aan hout gaan die vuur dood, en as daar geen kwaadstoker is nie, bedaar die twis.
21 Soos kole die gloed en hout die vuur laat opvlam, so is 'n twisgierige man om 'n twis aan te hits.
22Die woorde van 'n kwaadstoker is soos lekkernye, en dit gly af na die kamers van die binneste.
23Silwerskuim waarmee 'n potskerf oorgetrek is — so is gloeiende lippe en 'n slegte hart.
24Die hater veins met sy lippe, maar in sy binneste koester hy bedrog.
25 As hy sy stem lieflik maak, vertrou hom nie; want sewe gruwels is in sy hart.
26Al verberg die haat homself in bedrog, sy boosheid word in die vergadering openbaar.
27 Wie 'n kuil grawe, sal daarin val; en hy wat 'n klip rol, dit sal na hom terugkom.
28'n Valse tong haat die wat hy verbrysel het, en 'n gladde mond bewerk ondergang.

Currently Selected:

SPREUKE 26: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy