YouVersion Logo
Search Icon

SPREUKE 15

15
1 'n SAGTE antwoord keer die grimmigheid af, maar 'n krenkende woord laat die toorn opkom.
2Die tong van die wyse getuig van grondige kennis, maar die mond van die dwase laat sotheid uitborrel.
3 Op elke plek is die oë van die Here, en hulle beskou opmerksaam die slegtes en die goeies.
4Sagtheid van tong is 'n lewensboom, maar valsheid daarin is verbreking in die gees.
5 Die sot verag die tug van sy vader, maar hy wat op die teregwysing ag gee, word wys.
6In die huis van die regverdige is 'n groot skat, maar in die inkomste van die goddelose is verwarring.
7Die lippe van die wyse strooi kennis uit, maar die hart van die dwase is nie reg nie.
8Die offer van die goddelose is vir die Here 'n gruwel, maar die gebed van die opregtes is Hom welgevallig.
9Die wandel van die goddelose is vir die Here 'n gruwel, maar hom wat geregtigheid najaag, het Hy lief.
10'n Strenge tugtiging is daar vir hom wat die pad verlaat; hy wat die teregwysing haat, sal sterwe.
11 Die doderyk en die plek van vertering lê oop voor die Here, hoeveel te meer die harte van die mensekinders!
12Die spotter hou nie daarvan dat 'n mens hom bestraf nie, hy gaan nie na die wyse toe nie.
13 'n Vrolike hart maak die aangesig bly, maar by verdriet van die hart is die gees neerslagtig.
14Die hart van die verstandige soek na kennis, maar die mond van die dwase gaan met sotheid om.
15Al die dae van die bedrukte is sleg, maar die vrolike van hart het gedurigdeur fees.
16 Liewer 'n bietjie in die vrees van die Here, as 'n groot skat en onrus daarby.
17 Liewer 'n porsie groente waar liefde by is, as 'n vetgevoerde bees en haat daarby.
18 'n Driftige man verwek twis, maar die lankmoedige laat die geskil bedaar.
19Die weg van die luiaard is soos 'n heining van dorings, maar die pad van die opregtes is reggemaak.
20'n Wyse seun verbly sy vader, maar 'n dwase mens verag sy moeder.
21Sotheid is 'n vreugde vir die verstandelose, maar 'n man van verstand wandel reguit.
22Planne misluk sonder beraadslaging, maar deur die veelheid van raadgewers kom dit tot stand.
23'n Man het blydskap in die regte antwoord van sy mond, en hoe goed is 'n woord op sy tyd!
24Die pad van die lewe gaan vir die verstandige na bowe, sodat hy die doderyk daaronder ontwyk.
25 Die Here ruk die huis van die trotsaards om, maar die grenslyn van die weduwee stel Hy vas.
26Die planne van die slegte is vir die Here 'n gruwel, maar vriendelike woorde is rein.
27Wie onregverdige wins maak, bring sy huis in beroering; maar hy wat geskenke haat, sal lewe.
28Die hart van die regverdige dink ná om te antwoord, maar die mond van die goddelose laat slegte dinge uitborrel.
29Die Here is ver van die goddelose, maar die gebed van die regverdiges hoor Hy.
30 Stralende oë verbly die hart; 'n goeie tyding maak die gebeente vet.
31Die oor wat na die teregwysing tot die lewe luister, sal onder die wyse vertoef.
32Hy wat die tug verwerp, ag sy eie lewe gering; maar hy wat na die teregwysing luister, verkry verstand.
33 Die vrees van die Here is die tug van die wysheid, en nederigheid gaan aan die eer vooraf.

Currently Selected:

SPREUKE 15: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy