YouVersion Logo
Search Icon

GÉNESIS 36

36
Esau se nakomelinge.
1EN dit is die geskiedenis van Esau, dit is Edom.
2 Esau het sy vroue geneem uit die dogters van Kanaän: Ada, die dogter van Elon, die Hetiet, en Oholibáma, die dogter van Ana, die dogter van Síbeon, die Hewiet;
3en Basmat, die dogter van Ismael, die suster van Nébajot.
4En Ada het vir Esau gebaar Élifas, en Basmat het gebaar Réhuel.
5En Oholibáma het gebaar Jehus en Jáelam en Korag. Dit is die seuns van Esau wat vir hom gebore is in die land Kanaän.
6Toe neem Esau sy vroue en sy seuns en sy dogters en al die mense van sy huis, sy vee en al sy diere en al sy besittings wat hy in die land Kanaän verwerf het, en hy trek na 'n land, wég van sy broer Jakob af;
7 want hulle besittings was te groot om saam te woon, en die land van hulle vreemdelingskap kon hulle nie dra vanweë hulle vee nie.
8En Esau het gaan woon in die gebergte Seïr. Esau, dit is Edom.
9Dit is dan die geskiedenis van Esau, die vader van die Edomiete, in die gebergte Seïr.
10Dit is die name van die seuns van Esau: Élifas, die seun van Ada, die vrou van Esau; Réhuel, die seun van Basmat, die vrou van Esau.
11En die seuns van Élifas was: Teman, Omar, Sefo en Gáetam en Kenas.
12En Timna was 'n byvrou van Élifas, die seun van Esau; en sy het vir Élifas gebaar Ámalek. Dit is die seuns van Ada, die vrou van Esau.
13En dit is die seuns van Réhuel: Nahat en Serag, Samma en Missa. Dit was die seuns van Basmat, die vrou van Esau.
14En dit was die seuns van Oholibáma, die dogter van Ana, die dogter van Síbeon, die vrou van Esau — sy het vir Esau gebaar Jehus en Jáelam en Korag.
15Dit is die stamhoofde onder die seuns van Esau. Die seuns van Élifas, die eersgeborene van Esau, was: die stamhoof Teman, die stamhoof Omar, die stamhoof Sefo, die stamhoof Kenas,
16die stamhoof Korag, die stamhoof Gáetam, die stamhoof Ámalek. Dit is die stamhoofde van Élifas in die land Edom; dit is die seuns van Ada.
17En dit is die seuns van Réhuel, die seun van Esau: die stamhoof Nahat, die stamhoof Serag, die stamhoof Samma, die stamhoof Missa. Dit is die stamhoofde van Réhuel in die land Edom. Dit is die seuns van Basmat, die vrou van Esau.
18En dit is die seuns van Oholibáma, die vrou van Esau: die stamhoof Jehus, die stamhoof Jáelam, die stamhoof Korag. Dit is die stamhoofde van Oholibáma, die dogter van Ana, die vrou van Esau.
19Dit is die seuns van Esau, en dit is hulle stamhoofde. Dit is Edom.
20 Dit is die seuns van Seïr, die Horiet, die eerste inwoners van die land: Lotan en Sobal en Síbeon en Ana
21en Dison en Eser en Disan. Dit is die stamhoofde van die Horiete, die seuns van Seïr in die land Edom.
22En die seuns van Lotan was Hori en Hemam; en die suster van Lotan was Timna.
23En dit is die seuns van Sobal: Alwan en Manáhat en Ebal, Sefo en Onam.
24En dit is die seuns van Síbeon: Aja en Ana. Dit is dié Ana wat die warm fonteine in die woestyn gekry het toe hy die esels van sy vader Síbeon opgepas het.
25En dit is die seuns van Ana: Dison; en Oholibáma was die dogter van Ana.
26En dit is die seuns van Dison: Hemdan en Esban en Jitran en Keran.
27Dit is die seuns van Eser: Bilhan en Saäwan en Akan.
28Dit is die seuns van Disan: Us en Aran.
29Dit is die stamhoofde van die Horiete: die stamhoof Lotan, die stamhoof Sobal, die stamhoof Síbeon, die stamhoof Ana,
30die stamhoof Dison, die stamhoof Eser, die stamhoof Disan. Dit is die stamhoofde van die Horiete volgens hulle stamme in die land Seïr.
31En dit is die konings wat geregeer het in die land Edom voordat daar 'n koning geregeer het oor die kinders van Israel:
32Bela, die seun van Beor, het geregeer in Edom; en die naam van sy stad was Dinhába.
33En ná die dood van Bela het Jobab, die seun van Serag, van Bosra, in sy plek geregeer.
34En ná die dood van Jobab het Husam, uit die land van die Temaniete, in sy plek geregeer.
35En ná die dood van Husam het Hadad, die seun van Bedad, wat die Midianiete verslaan het in die veld van Moab, in sy plek geregeer, en die naam van sy stad was Awit.
36En ná die dood van Hadad het Samla van Másreka in sy plek geregeer.
37En ná die dood van Samla het Saul van Réhobot, aan die rivier, in sy plek geregeer.
38En ná die dood van Saul het Baäl-Hánan, die seun van Akbor, in sy plek geregeer.
39En ná die dood van Baäl-Hánan, die seun van Akbor, het Hadar in sy plek geregeer; en die naam van sy stad was Pahu; en die naam van sy vrou was Mehetábeël, die dogter van Matred, die dogter van Mésahab.
40Dit is die name van die stamhoofde van Esau, volgens hulle geslagte, volgens hulle woonplekke, met hulle name: die stamhoof Timna, die stamhoof Alwa, die stamhoof Jetet,
41die stamhoof Oholibáma, die stamhoof Ela, die stamhoof Pinon,
42die stamhoof Kenas, die stamhoof Teman, die stamhoof Mibsar,
43die stamhoof Mágdiël, die stamhoof Iram. Dit is die stamhoofde van Edom, volgens hulle verblyfplekke in die land van hulle besitting. Dit is Esau, die stamvader van die Edomiete.

Currently Selected:

GÉNESIS 36: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy