YouVersion Logo
Search Icon

II KORINTHIËRS 13

13
1DIT is die derde keer dat ek na julle toe kom. In die mond van twee of drie getuies sal elke woord vasstaan.
2 Ek het dit vroeër gesê, en ek sê dit vooruit soos toe ek die tweede keer aanwesig was, en ek skrywe dit nou in my afwesigheid aan die wat vroeër gesondig het en aan al die ander, dat as ek weer kom, ek nie sal spaar nie,
3aangesien julle 'n bewys soek van Christus wat in my spreek, en Hy is teenoor julle nie swak nie, maar kragtig onder julle.
4Want al is Hy gekruisig uit swakheid, lewe Hy tog uit die krag van God. Want ons is ook swak in Hom, maar ons sal saam met Hom vir julle lewe deur die krag van God.
5Ondersoek julself of julle in die geloof is; stel julself op die proef. Of is julle nie seker van julself dat Jesus Christus in julle is nie — as julle ten minste nie verwerplik is nie!
6Maar ek hoop dat julle sal insien dat ons nie verwerplik is nie.
7Ek bid God dat julle geen kwaad mag doen nie — nie dat ons beproef mag blyk nie, maar dat julle kan doen wat goed is, en ons as verwerplikes kan wees.
8Want ons kan niks doen teen die waarheid nie, maar wel vír die waarheid.
9Want ons is bly as ons swak is en julle sterk. En hierom bid ons ook, naamlik om julle volmaking.
10Daarom skryf ek dit in my afwesigheid om nie, as ek teenwoordig is, strengheid te gebruik nie, volgens die gesag wat die Here my gegee het om op te bou en nie om af te breek nie.
11Verder, broeders, wees bly; word volmaak; laat julle vermaan; wees eensgesind; hou vrede, en die God van liefde en vrede sal met julle wees.
12 Groet mekaar met 'n heilige kus. Al die heiliges groet julle.
13 Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sy met julle almal! Amen.

Currently Selected:

II KORINTHIËRS 13: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy