YouVersion Logo
Search Icon

Romeine 1

1
1Ek, Paulus, skryf hierdie brief vir julle. Ek is 'n dienaar van Christus Jesus. Christus het my gekies om 'n apostel te wees en Hy het vir my die werk gegee om die goeie boodskap van God te bring. 2God het lank gelede vir die profete gesê hulle moet in die Ou Testament skryf dat Hy vir die mense die goeie boodskap belowe, 3die goeie boodskap oor sy Seun. Die Seun het mens geword, en Hy was van die nageslag van Dawid. 4Die Seun het gesterf, maar God het Hom weer laat lewe. Daarom het die Heilige Gees gesê Christus is die Seun van God wat alles kan doen. Ja, Hy is Jesus Christus ons Here. 5Christus was baie goed vir my en Hy het my gekies en aangestel om 'n apostel te wees. Ek moet vir al die heidene van Hom vertel, sodat hulle in Hom kan glo en gehoorsaam kan wees aan Hom. Dan sal almal weet wie Christus is. 6Julle glo ook in Jesus Christus. Hy het ook vir julle gekies om aan Hom te behoort.
7Ek skryf hierdie brief vir julle almal wat in die stad Rome is. God is lief vir julle, Hy het julle gekies om aan Hom te behoort.
Ek bid dat God ons Vader en die Here Jesus Christus genadig sal wees vir julle en dat Hy vir julle vrede sal gee.
Paulus wil graag die gelowiges in Rome besoek
8Maar ek wil eers vir Jesus Christus vra om vir my God te sê dat ek dankie sê, want oral in die wêreld praat die mense daaroor dat julle in Christus glo. 9Ek dien God met my hele hart en ek bring vir mense die goeie boodskap oor die Seun van God. Ek dink altyd aan julle, God weet dit is waar. 10Elke maal wanneer ek bid, dan vra ek weer vir God of Hy my sal toelaat om na julle toe te kom. 11Ek wil graag na julle toe kom. Ek wil vir julle 'n genadegawe van die Heilige Gees kom gee sodat julle geloof sterker kan word. 12Dan sal julle mý geloof sterker maak, en ek sal júlle geloof sterker maak. 13Vriende, dit is belangrik dat julle moet weet dat ek baie maal besluit het om na julle toe te kom, maar elke maal het iets gebeur, en dan kon ek nie kom nie. Ek wil na julle toe kom, want ek wil graag hê dat daar by júlle ook mense moet wees wat in Christus glo, soos dit ook by ander heidene gebeur het toe ek daar gewerk het.
14Ek moet al die mense dien: die Grieke en die mense wat nie Grieke is nie, die mense wat wysheid het en die mense wat nie wysheid het nie. 15Dit is hoekom ek ook graag by julle in die stad Rome die goeie boodskap wil bring.
16Ek is nie skaam om die goeie boodskap te bring nie. Die goeie boodskap is God se krag, dit red almal wat glo, eers die Jode, en dan ook die mense wat nie Jode is nie. 17Die goeie boodskap wys vir almal dat God doen wat reg is. Dit wys dat Hy mense vryspreek omdat hulle glo, en nét omdat hulle glo. Dit is soos in die Ou Testament geskryf is:
Wanneer God mense vryspreek
omdat hulle glo,
dan sal hulle lewe.
God straf die mense omdat hulle sonde doen
18God wat in die hemel woon, straf al die mense wat Hom nie dien nie. Almal kan sien dat Hy hulle straf. Hy straf hulle omdat hulle baie verkeerde dinge doen, so baie verkeerde dinge dat nie een van hulle weet wat die waarheid is nie. 19Hulle weet die dinge wat mense van God kan weet, want God het dit vir hulle gewys. 20Mense sien van die begin af alles wat God gemaak het. Hulle kan nie vir God sien nie, maar hulle kan verstaan dat Hy altyd sterk is en dat Hy God is. Hulle kan dit weet omdat hulle sien wat Hy gedoen het. Daarom kan hulle nie sê dat hulle dit nie weet nie. 21Hulle ken God, maar hulle respekteer Hom nie en hulle sê nooit vir Hom dankie nie. Hulle is dom, hulle doen nie wat God wil hê nie. Hulle verstaan niks, hulle is soos mense wat in die donker lewe. 22Hulle dink hulle is slim, maar hulle doen nie wat God wil hê nie. 23God is Koning, Hy kan nooit sterf nie, maar hulle dien Hom nie. Hulle kies om afgode te dien, beelde wat lyk soos mense, mense wat sterf, of beelde wat lyk soos voëls of diere of slange.
24Daarom los God hulle sodat hulle die slegte dinge kan doen wat hulle graag wil doen, dinge wat wys dat hulle nie mekaar se liggame respekteer nie. 25Hulle glo nie die waarheid van God nie, hulle kies om hulle eie leuens te glo. God het alles gemaak, maar hulle aanbid en dien die dinge wat Hy gemaak het, hulle aanbid nie vir God nie, God vir wie almal altyd moet prys. Amen.
26Daarom los God hulle om die onsedelike dinge te doen wat hulle graag wil doen. Hulle vroue het seks met ander vroue, maar dit is iets wat mense nie mag doen nie. 27Die mans doen ook verkeerd. Mans het gewoonlik seks met vroue, maar party mans doen dit nie. Hulle wil baie graag seks hê met ander mans, en dan doen hulle dinge met mekaar waaroor mense skaam moet wees. Dit is verkeerd, en daarom straf God hulle, Hy los hulle sodat hulle kan aanhou om hierdie slegte dinge te doen.
28Hulle wil nie vir God ken en Hom dien nie. Daarom los God hulle sodat hulle slegte dinge kan dink en dinge kan doen wat mense nie moet doen nie. 29Hulle doen baie verskillende verkeerde dinge. Hulle is sleg, hulle wil alles hê wat hulle sien en hulle doen graag slegte dinge. Hulle is jaloers, hulle maak ander mense dood, hulle stry met mekaar, hulle bedrieg mekaar en hulle hou daarvan om slegte dinge te doen. Hulle skinder, 30hulle sê slegte dinge van ander mense. Hulle haat God, hulle is hoogmoedig, hulle dink hulle is baie goed en hulle hou daarvan om te spog. Hulle dink altyd aan nuwe slegte dinge om te doen. Hulle luister nie vir hulle ouers nie. 31Hulle doen dom dinge, 'n mens kan hulle nie vertrou nie, hulle is nie lief vir ander mense nie, hulle is vir niemand jammer nie. 32Hulle weet dat God se wette sê Hy sal mense straf as hulle daardie verkeerde dinge doen, Hy sal hulle laat sterf. Maar hulle hou aan om die verkeerde dinge te doen en hulle sê ook dit is goed wanneer ander mense daardie dinge doen.

Currently Selected:

Romeine 1: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy