YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 66

66
U het dit weer goed laat gaan met ons
1Vir die leier van die koor: 'n Lied, 'n psalm.
Al die mense op die aarde,
julle moet skree en God prys.
2Julle moet sing oor die Naam van die Koning,
julle moet die Koning prys.
3Julle moet vir God sê:
Die dinge wat U doen, laat ons bang word.
U is baie sterk, u vyande gaan lê voor U.
4Al die mense op die aarde buig en sing vir U,
hulle sing oor u Naam.
Sela
5Julle moet kom kyk
watter wonderwerke God gedoen het.
Die dinge wat Hy vir mense gedoen het,
laat 'n mens bang word.
6Hy het die see verander,
en dit het droë grond geword,
sy volk het deur die see geloop.
Hulle was daar baie bly oor wat Hy gedoen het.
7God is sterk, Hy regeer altyd,
Hy kyk wat die volke doen.
Die mense wat opstandig is,
moenie dink hulle is sterker as God nie.
Sela
8Volke, julle moet ons God prys,
almal moet hoor hoe julle Hom prys.
9Hy het ons laat aanhou lewe,
Hy het ons voete nie laat gly nie.
10Ja, o God, U het ons getoets
soos 'n mens silwer in 'n vuur smelt
om dit te toets.
11U het ons in 'n vangnet laat val,
U het ons swaar goed laat dra,
12U het mense op ons laat trap,
ons het deur vuur en deur water gegaan.
Maar U het dit weer goed laat gaan met ons.
13Ek sal na u tempel kom en brand-offers bring,
ek sal die dinge doen wat ek belowe het,
14die dinge wat ek gesê het,
die dinge wat ek belowe het
toe dit sleg gegaan het met my.
15Ek sal vir U brand-offers bring, vet diere,
saam met skaap-ramme wat op die altaar brand.
Ek sal bulle offer saam met bok-ramme.
Sela
16Julle wat vir God dien, julle moet kom luister.
Ek wil vertel wat Hy vir my gedoen het.
17Ek het geroep en gevra dat Hy my moet help.
Ek het Hom geprys.
18As ek my sonde weggesteek het,
dan sou die Here nie gedoen het
wat ek gevra het nie.
19Maar God hét geluister,
Hy het gedoen wat ek gevra het.
20Nou prys ek vir God.
Hy het geluister na my gebed,
Hy het gedoen wat Hy belowe het.

Currently Selected:

Psalms 66: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy