YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 59

59
Ek sal sing oor u krag
1Vir die leier van die koor: Dieselfde musiek soos vir die lied “Moenie verwoes nie.” Van Dawid. 'n Lied, toe Saul manne gestuur het om by Dawid se huis wag te staan, sodat hulle hom kon doodmaak.
2My God, U moet my red van my vyande,
U moet my beskerm teen die mense
wat my wil aanval.
3U moet my red van die mense
wat slegte dinge doen,
U moet my beskerm teen die moordenaars.
4Want U moet dit weet, dit is sterk mense
wat vir my wag en wat my wil aanval.
Ek het niks verkeerd gedoen nie,
ek het nie 'n fout gemaak nie.
5Ek het niks gedoen nie,
maar hulle maak vinnig gereed om my aan te val.
U moet my kom help, U moet kyk wat hulle doen.
6U, Here, God wat oor alles regeer, God van Israel,
U moet nou begin om al die volke te straf,
U moenie genadig wees vir verraaiers nie.
Sela
7Dit is hulle wat elke aand terugkom
en soos honde raas en om die stad loop.
8U moet hoor wat hulle alles sê,
hulle woorde is so skerp soos swaarde,
hulle dink dat U dit nie hoor nie.
9Maar U, Here, U lag vir hulle,
U lag vir al die volke.
10Dit is die Here wat my sterk maak,
ek sal aanhou wag dat Hy my moet help,
want by Hom is ek veilig.
11Hy is die God wat vir my sal doen
wat Hy belowe het,
Hy sal my vyande voor my laat val.
12U moenie vir hulle dadelik doodmaak nie,
dan kan my volk onthou dat U my laat wen het.
U moet hulle na al die kante toe jaag,
U is sterk, U moet hulle op die grond laat val.
My Here, U beskerm ons.
13U moet dit doen, want hulle doen sonde
wanneer hulle praat.
U moet hulle straf, want hulle is hoogmoedig,
hulle vervloek mense en hulle lieg.
14U moet wys dat U kwaad is, U moet hulle laat sterf,
U moet hulle almal laat sterf.
Dan sal almal weet dat dit God is wat regeer
oor sy volk Israel en oor die hele aarde.
Sela
15Dit is hulle wat elke aand terugkom
en soos honde raas en om die stad loop.
16Hulle soek iets om te eet,
en as hulle nie genoeg kry nie, dan huil en blaf hulle.
17Maar ek?
Ek sal sing oor u krag,
ek sal elke oggend juig
omdat U doen wat U belowe.
By U is ek veilig,
U beskerm my wanneer dit vir my gevaarlik is.
18Dit is U wat my sterk maak.
Ek wil sing vir U, want by U is ek veilig,
U is my God, U doen wat U belowe.

Currently Selected:

Psalms 59: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy