YouVersion Logo
Search Icon

Jona 3

3
Die Here stuur weer vir Jona na Nineve
1Die Here het weer met Jona gepraat. Hy het vir Jona gesê: 2“Jy moet gereedmaak. Jy moet na die groot stad Nineve gaan. Jy moet vir die mense sê wat Ek vir jou gesê het om vir hulle te sê.”
3Jona het gereedgemaak en hy het na Nineve gegaan soos die Here gesê het. Nineve was 'n baie groot stad. As 'n mens deur die stad wou loop, dan moes hy drie dae lank loop. 4Jona het in die stad in geloop, een dag lank. Hy het gepraat sodat al die mense dit kon hoor. Hy het gesê: “Oor 40 dae sal God die mense in Nineve straf en Hy sal die stad verwoes!”
Die mense van Nineve hou op om verkeerd te doen
5Die mense van Nineve het geglo wat God gesê het. Hulle het gesê almal moet vas, hulle moet niks eet nie. Almal het rouklere aangetrek, die belangrike mense en ook die mense wat nie belangrik was nie. 6Die koning van Nineve het hiervan gehoor. Hy het toe afgeklim van sy troon en hy het sy koningsklere uitgetrek. Hy het rouklere aangetrek en hy het op 'n ashoop gaan sit. 7Hy het vir die mense van Nineve gesê: “Die koning en sy amptenare sê: Niemand mag iets eet of drink nie, nie 'n mens of 'n dier nie, nie 'n bees of 'n skaap of 'n bok nie. 8Almal moet rouklere dra, mense en diere. Almal moet ernstig tot God bid. Almal moet ophou om sonde te doen en om slegte dinge te doen aan ander mense. 9Miskien sal God sy plan verander, miskien sal Hy ons nie meer straf nie. Miskien sal Hy jammer wees vir ons, miskien sal Hy nie meer kwaad wees vir ons nie. Dan sal ons nie sterf nie.”
10God het gesien die mense van Nineve het opgehou om verkeerde dinge te doen. God was jammer vir hulle en Hy het hulle nie gestraf nie.

Currently Selected:

Jona 3: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy