YouVersion Logo
Search Icon

Jesaja 23

23
Die Here praat teen Tirus
1Die Here was kwaad vir die mense van die stad Tirus en Hy het teen hulle gepraat.
Manne op die skepe van Tarsis,
julle moet huil,
want Tirus is verwoes.
Daar is nie meer huise nie
en daar is nie meer 'n hawe
vir die skepe nie.
Julle het dit gehoor
toe julle teruggekom het
uit Kittiër-land.
2Julle wat langs die see woon,
julle moet stil wees.
Die handelaars van Sidon
het julle ryk gemaak.
3Hulle het uit Egipte koring
oor die see na Tirus gebring
en hulle het dit aan baie volke verkoop.
4Mense van Sidon,
julle weet nie wat om te doen nie,
want die stad wat sterk mure het,
die stad by die see,
het gepraat en gesê:
“Ek het nooit kinders gekry nie,
ek het nie jongmans en dogters
grootgemaak nie.”
5Wanneer die Egiptenaars dit hoor,
dan sal hulle skrik
oor wat met Tirus gebeur het.
Hulle sal sê:
6“Julle wat langs die see woon,
julle moet na Tarsis gaan,
julle moet huil.
7Is dit die stad
waar die mense vrolik was?
Is dit die stad
wat al so lank daar is?
Is dit die stad van waar mense gegaan het
en op ver plekke gaan woon het?
8Wie het besluit
dit moet met Tirus gebeur?
Tirus het konings gekies
en aangestel om te regeer.
Tirus se handelaars was prinse,
hulle was die belangrikste mense
op die aarde.”
9Die Here wat oor alles regeer,
Hý het dit besluit.
Hy het besluit
om hoogmoedige mense te straf,
10om die belangrike mense
van die aarde te verneder.
Mense van Tirus,
julle moet nou in die grond werk
soos die Egiptenaars,
want daar is nie meer 'n hawe
vir julle skepe nie.
11Wanneer die Here sy hand
uitsteek oor die see,
dan bewe die konings en hulle mense.
Die Here het gesê
die vyande moet die stede verwoes
in die land van die Fenisiërs,
die stede wat sterk mure het.
12Die Here het gesê:
“Sidon, jy sal nie meer vrolik wees
en feesvier nie.
Die vyande sal jou verwoes.
Gaan na die Kittiërs toe.
Maar jy sal ook nie daar
kan rus nie.
13Kyk wat het gebeur
met die mense van Babel,
hulle is nie meer 'n volk nie.
Die Assiriërs het oorlog gemaak
teen die stad
en hulle het die mooi huise verwoes.
Babel is nou net 'n hoop grond,
'n plek waar woestyn-diere woon.
14Die manne op die skepe van Tarsis
moet huil,
want Tirus is verwoes,
die stad waar hulle veilig was
in die storms.”
15In daardie tyd sal die mense vir Tirus 70 jaar lank vergeet. Dit is so lank soos 'n koning lewe. En wanneer die 70 jaar verby is, dan sal Tirus wees soos die slegte vrou van wie hulle in die lied sing. Die woorde van die lied is:
16Die mense het jou vergeet,
slegte vrou.
Neem jou lier
en loop deur die stad,
speel mooi op die lier en sing baie,
dan sal die mense weer weet
dat jy daar is.
17Wanneer die 70 jaar verby is, dan sal die Here weer vir Tirus sorg. Die mense van die stad sal weer dinge koop en verkoop by al die volke van die wêreld, 18maar hulle sal nie hulle geld in die stad bêre nie. Die geld sal aan die Here behoort, en die mense wat die Here dien, sal vir hulleself genoeg kos en mooi klere kan koop.

Currently Selected:

Jesaja 23: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy