YouVersion Logo
Search Icon

Hebreërs 6

6
1Daarom moet ons nie ophou by die dinge wat ons in die begin oor Christus geleer het nie. Nee, ons geloof moet aanhou groei en ons moet grootmense word in die geloof. Ons moenie weer van onder begin bou soos wanneer 'n mens 'n gebou se fondament bou nie. Ons bou weer van onder wanneer ons weer daaroor begin praat dat mense moet ophou om die dinge te doen wat 'n mens doodmaak. Ons bou ook weer van onder wanneer ons sê dat mense in God moet begin glo, 2of wanneer ons vir mense leer hoe om mense te was om hulle rein te maak, of wanneer ons vir mense leer hoe om die hande op iemand te sit, of wanneer ons vir mense leer dat God die mense wat gesterf het, weer sal laat lewe, en dat Hy sal oordeel oor die mense, dat Hy die mense wat verkeerd gedoen het, vir altyd sal straf. 3Ons sal grootmense in die geloof word, as God dit wil hê. 4-6Want as mense weggedraai het van God, dan kan ons hulle nie laat terugdraai na Hom toe nie. Want God het sy lig oor hulle laat skyn, en hulle het gevoel hoe goed die dinge is wat God gee. God het die Heilige Gees vir daardie mense gegee. Hulle is ook mense wat gevoel het dat die boodskap van God goed is en hulle voel nou al klaar dat God sterk is, God wat nou en later sal regeer. Wanneer hierdie mense weggedraai het van God, dan kan ons hulle nie weer laat terugdraai na God toe nie, want hulle kruisig weer die Seun van God, hulle word weer skuldig, en hulle maak sy Naam sleg by die mense. 7Want wanneer grond baie reën kry en die reën sak diep in die grond, dan groei daar plante in die grond, en die mense wat in die grond werk, kan dit gebruik. Dan seën God die grond. 8Maar as daar dorings en onkruid groei, dan beteken dit niks, en dan is die tyd naby wanneer God dit sal vervloek. Aan die einde sal vuur die grond en alles daarop verwoes.
9My vriende, dit is waar dat ons nou al hierdie dinge gesê het, maar ons is baie seker dat dit baie beter gaan met julle en dat God julle sal red. 10Want God doen nie verkeerd nie, Hy sal nie die dinge vergeet wat julle gedoen het nie, en Hy sal nie vergeet hoe lief julle vir Hom was en hoe julle vir die gelowiges gesorg het en nou nog sorg nie. 11Maar ons wil baie graag hê dat elkeen van julle altyd hard moet probeer om tot die einde te wys dat julle baie seker is van die dinge wat julle weet en hoop. 12Julle moet dit doen, julle moenie lui wees in die geloof nie, julle moet doen soos die mense wat gekry het wat God belowe het. Hulle het dit gekry omdat hulle in God geglo het en omdat hulle geduldig gewag het.
God sal gee wat Hy belowe het, dit is seker
13Daar is niemand wat belangriker is as God nie. Toe Hy vir Abraham 'n belofte gemaak het, het God nie gesê dat iemand sy getuie is nie. God was sy eie getuie toe Hy vir Abraham belowe het 14en gesê het: “ So seker soos Ek lewe, Ek sal jou baie seën, Ek sal jou nageslag baie maak.” 15En so het Abraham geduldig gewag vir die dinge wat God belowe het, en daarna het die dinge met hom gebeur wat God belowe het. 16Want wanneer mense iets belowe, dan sê hulle gewoonlik iemand is die getuie, en die getuie is belangriker as hulleself. Hierdie belofte wys dan dat dit waar is wat hulle sê, en niemand kan dan nog daaroor stry nie. 17God wou baie graag wys dat die dinge wat Hy wil doen, nie kan verander nie. Hy wou dit wys vir die mense wat alles sal kry wat Hy belowe het. Daarom was God sy eie getuie om te wys dat die dinge wat Hy belowe het, seker is. 18God het dinge belowe en Hy is sy eie getuie, en hierdie twee dinge kan nie verander nie omdat God nie kan lieg nie. Ons het na God toe gevlug. Daarom kan ons baie seker wees dat die dinge nog sal gebeur, en ons kan hoop en wag daarvoor. 19Ons hoop en ons wag vir die dinge wat sal gebeur, daarom is ons lewe veilig en daarom kan ons vas glo. Dit is soos 'n anker wat keer sodat 'n skip nie wegdryf nie. Ons hoop en ons is seker dat Jesus ons anker is, Jesus wat agter die gordyn in die tempel ingaan. 20Jesus is ons Leier en Hy het voor ons daar ingegaan om ons te help. Hy het dit gedoen omdat Hy vir altyd Hoëpriester geword het, soos Melgisedek hoëpriester was.

Currently Selected:

Hebreërs 6: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy