YouVersion Logo
Search Icon

Genesis 36

36
Esau se nageslag
(Kyk ook 1 Kron 1:35-42)
1Hier is 'n lys van die nageslag van Esau. Esau se ander naam was Edom. 2Esau het getrou met vroue uit Kanaän. Die vroue was Ada, die dogter van die Hetiet Elon, en Oholibama, die dogter van Ana wat die dogter was van die Hewiet Sibon. 3Sy ander vrou was Basemat, sy was die dogter van Ismael en die suster van Nebajot.
4Ada het 'n seun gekry vir Esau, die seun se naam was Elifas, en Basemat het 'n seun Reüel gekry. 5Oholibama se seuns was Jeüs, Jalam en Korag. Dit is die seuns van Esau wat in Kanaän gebore is.
6Esau het alles geneem wat hy gehad het: sy vroue, sy seuns en dogters en al die mense in sy huis en alles wat hy gehad het, al sy vee en alles wat hy in Kanaän bymekaargemaak het. Hy het na 'n ander land gegaan, weg van sy broer Jakob. 7Esau het weggetrek omdat hulle goed te veel was, hulle kon nie saam woon nie. Daar was nie genoeg plek vir al hulle diere in die land nie, die land waar hulle vreemdelinge was. 8So het Esau en sy nageslag, die mense van Edom, in die Seïr-berge gaan woon.
9Hier is die name van Esau se nageslag in die Seïr-berge:
10Die name van Esau se seuns was Elifas, Ada se seun, en Reüel, Basemat se seun. 11Elifas se seuns was Teman, Omar, Sefo, Gatam en Kenas. 12Timna was Elifas se byvrou, en sy het 'n seun gekry vir Elifas, die seun se naam was Amalek. Dit was die nageslag van Esau se vrou Ada. 13Reüel se seuns was Nagat, Serag, Samma en Missa. Hulle was die nageslag van Esau se vrou Basemat.
14Esau se ander vrou was Oholibama. Sy was die dogter van Ada en die kleindogter van Sibon. Sy het ook seuns vir Esau gekry. Hulle name was Jeüs, Jalam en Korag.
Die leiers in Edom
15Hier is die name van die leiers van Esau se nageslag: Elifas was Esau se oudste seun. Die leiers van sy nageslag was Teman, Omar, Sefo, Kenas, 16Korag, Gatam en Amalek. Hulle was leiers in Edom, en hulle was die nageslag van Elifas en Ada.
17Die leiers van die nageslag van Reüel, Esau se ander seun, was Nagat, Serag, Samma en Missa. Hulle was ook almal leiers van hulle families in Edom. Hulle was die nageslag van Esau en sy vrou Basemat.
18Die leiers van die nageslag van Esau se vrou Oholibama was Jeüs, Jalam en Korag. Hulle was ook almal leiers van hulle families en hulle was die nageslag van Esau en sy vrou Oholibama, die dogter van Ana.
19Dit is die name van die nageslag van Esau, en die leiers van die families van Edom.
Die nageslag van Seïr
20Hier is die nageslag van Seïr, die Goriet wat in Edom gewoon het: Lotan, Sobal, Sibon, Ana, 21Dison, Eser en Disan. Hulle was die leiers van die Goritiese families en van die nageslag van Seïr in Edom.
22Lotan se seuns was Gori en Hemam, en Lotan se suster was Timna.
23Sobal se seuns was Alwan, Managat, Ebal, Sefi en Onam.
24Sibon se seuns was Aja en Ana. Ana het sy pa Sibon se donkies in die woestyn opgepas, en in daardie tyd het hy fonteine met warm water in die woestyn gekry.
25Ana se seun was Dison en Oholibama was haar dogter.
26 Disan se seuns was Gemdan, Esban, Jitran en Keran.
27Eser se seuns was Bilhan, Saäwan en Akan.
28 Disan se seuns was Us en Aran.
29Die leiers van die Goritiese families was Lotan, Sobal, Sibon, Ana, 30Dison, Eser en Disan. Hulle was almal leiers van Goritiese families in Seïr.
Die konings van Edom
(Ook 1 Kron 1:43-50)
31Daar was konings in die land Edom voordat daar 'n koning oor die Israeliete was. Hier is die name van die konings in Edom:
32Bela, die seun van Beor. Sy stad se naam was Dinhaba. 33Toe Bela sterf, het Jobab koning geword. Jobab was die seun van Serag van die stad Bosra.
34Toe Jobab sterf, het Gusam van Temaniete-land koning geword. 35Toe Gusam sterf, het Hadad, die seun van Bedad, koning geword. Hadad het die Midianiete oorwin in die land Moab. Sy stad se naam was Awit.
36Toe Hadad sterf, het Samla van die stad Masreka koning geword. 37Toe Samla sterf, het Saul van die stad Regobot koning geword. Regobot was langs die rivier.
38Toe Saul sterf, het Baäl-Ganan, die seun van Akbor, koning geword.
39Toe Baäl-Ganan seun van Akbor sterf, het Hadar koning geword. Sy stad se naam was Paü. Hadar se vrou se naam was Mehetabel. Sy was die dogter van Matred en die kleindogter van Me-Sahab.
Die stamhoofde in Edom
(Ook 1 Kron 1:51-54)
40Hier is die name van die stamhoofde van die nageslag van Esau: Timna, Alwa, Jetet, 41Oholibama, Ela, Pinon, 42Kenas, Teman, Mibsar, 43Magdiël en Iram. Hulle was almal stamhoofde van Edom. Die woonplekke het dieselfde name as die leiers gehad. Esau was die stamvader van die Edomiete.

Currently Selected:

Genesis 36: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy