YouVersion Logo
Search Icon

Genesis 28

28
1Isak het vir Jakob geroep en hy het hom geseën en gegroet. Hy het vir hom gesê: “Jy mag nie trou met 'n meisie van Kanaän nie. 2Jy moet na die land Paddan-Aram gaan, na jou oupa Betuel se familie toe, jy moet met een van die dogters van jou oom Laban trou. 3God die Almagtige sal jou seën. Hy sal jou vrugbaar maak en Hy sal vir jou 'n groot nageslag gee. Jy sal die voorvader van 'n baie groot volk word. 4God sal jou seën soos Hy vir Abraham geseën het. Hy sal jou en ook jou nageslag seën. Hy sal vir jou die land gee waar jy nou 'n vreemdeling is. Dit is die land wat Hy vir Abraham gegee het. Dit sal jou land wees.”
5So het Isak vir Jakob weggestuur. Jakob het na Paddan-Aram gegaan, na die Arameër Laban toe. Laban was die seun van Betuel en die broer van Rebekka. Rebekka was Jakob en Esau se ma.
Esau trou met nog 'n vrou
6Esau het gesien dat Isak vir Jakob geseën het en hom weggestuur het na die land Paddan-Aram. Isak het vir Jakob gesê dat hy moet gaan trou met een van daardie meisies. Isak het hom geseën en gesê hy mag nie trou met een van die meisies van die land Kanaän nie.
7Esau het gesien dat Jakob na sy pa en ma geluister het en na Paddan-Aram gegaan het. 8Hy het besef dat sy pa Isak nie van die meisies van Kanaän hou nie. 9Toe gaan Esau na Ismael toe. Ismael was Abraham se seun. Esau het ander vroue gehad, maar hy trou toe ook met Magalat, Ismael se dogter. Sy was Nebajot se suster.
Jakob droom by Bet-El
10Jakob het van die stad Berseba na die stad Haran gegaan. 11Toe die son ondergegaan het, het hy by 'n plek gekom waar hy die nag kon slaap. Hy het 'n klip onder sy kop gesit en hy het aan die slaap geraak. 12Hy het gedroom dat daar 'n leer op die aarde staan, en die boonste punt van die leer is in die hemel. Die engele van God het op en af geklim teen die leer. 13Toe kom staan die Here by hom en Hy sê vir Jakob: “Ek is die Here, die God van jou oupa Abraham en die God van jou pa Isak. Hierdie land waar jy nou is, sal Ek vir jou en jou nageslag gee. 14Jou nageslag sal so baie wees soos die stof van die aarde, en jy sal nog meer grond kry, na die weste, na die ooste, na die noorde en na die suide. Al die volke van die aarde sal My vra om hulle te seën soos Ek jou en jou nageslag sal seën. 15Ek sal by jou wees en Ek sal jou beskerm op elke plek waar jy gaan en Ek sal jou terugbring na hierdie land. Ek sal jou nooit los nie totdat Ek gedoen het wat Ek vir jou belowe het. Dit is seker.”
16Toe Jakob wakker word, sê hy: “Die Here is op hierdie plek, en ek het dit nie geweet nie.”
17Hy het bang geword en gesê: “Hierdie plek laat my bang word. Dit is die huis van God, dit weet ek nou, dit is die poort van die hemel.”
18Toe Jakob die oggend vroeg opstaan, neem hy die klip wat onder sy kop was, en hy sit dit regop sodat dit 'n gedenksteen kan wees. Hy het toe olyf-olie op die klip uitgegooi 19en hy het die plek Bet-El genoem. Die plek se naam was voorheen Lus.
20Jakob het belowe en gesê: “God sal my God wees as Hy by my sal wees en my sal beskerm op hierdie pad waar ek gaan loop. Hy sal my God wees as Hy vir my kos en klere sal gee 21en my veilig laat terugkom by my pa se familie. 22Dan sal hierdie klip wat ek regop gesit het sodat dit 'n gedenksteen kan wees, vir my 'n plek wees waar God is. Dan sal ek ook vir U 'n tiende teruggee van alles wat U vir my gee. Dit belowe ek.”

Currently Selected:

Genesis 28: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy