YouVersion Logo
Search Icon

Esra 1

1
Koning Kores van Persië sê dat die mense van Juda mag teruggaan
(Kyk ook 2 Kron 36:22-23)
1Die Here het voorheen vir Jeremia gestuur om te sê dat iets sal gebeur, en dit het nou gebeur. Dit was in die eerste jaar nadat Kores die koning van Persië geword het. Die Here het vir Kores laat besluit om 'n boodskap te stuur na al die mense in die lande waar hy koning was. Hy het die boodskap ook in briewe geskryf en dit gestuur. Hy het gesê:
2Koning Kores van Persië sê: Die Here, die God van die hemel, het vir my al die lande op die aarde gegee en Hy het vir my gesê ek moet 'n tempel laat bou in die stad Jerusalem in die land Juda.
3Al die mense van die Here mag teruggaan na Jerusalem. Ek bid dat hulle God die Here by hulle sal wees. Hulle mag teruggaan en hulle mag die tempel van die Here weer bou, die tempel van die Here, die God van Israel. Die Here is die God wat in Jerusalem is.
4Daar is plekke waar daar nog Judeërs woon. Die mense van daardie plekke moet die Judeërs help. Hulle moet vir die Judeërs silwer en goud en goed en diere present gee, en ook ander dinge wat hulle self wil gee vir die tempel in Jerusalem.
Sesbassar neem die mense terug na Jerusalem
5Die familiehoofde van Juda en Benjamin, die priesters en Leviete, het toe gereedgemaak. God het ook ander mense laat besluit om die tempel in Jerusalem weer te gaan bou, en hulle het ook gereedgemaak om te gaan. 6Al die bure van die Israeliete het vir hulle silwergoed en goue goed gegee, en ander goed en diere en kosbare presente, en ook nog enige iets wat hulle self besluit het om te gee. 7Koning Kores het die gereedskap van die tempel uitgehaal. Nebukadnesar het dit voorheen uit Jerusalem gebring en in die tempel van sy gode gesit. 8Koning Kores van Persië het die goed vir Mitredat gegee. Mitredat was die man wat met die geld gewerk het. Hy het alles getel en hy het dit vir Sesbassar, die leier van die Juda-stam, gegee. 9Hier is 'n lys van die goed wat hy gegee het:
30 goue skottels, 1 000 silwer skottels, nog 29 ander skottels,
1030 goue bakke, 410 silwer bakke, en 1 000 ander stukke gereedskap.
11Daar was alles saam 5 400 goue goed en silwergoed. Sesbassar het alles saamgeneem toe hy die Judeërs uit Babel na Jerusalem gebring het.

Currently Selected:

Esra 1: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy