YouVersion Logo
Search Icon

Esegiël 46

46
1Die Here, Hy wat Here is, sê: “Die oos-poort na die binneste oop stuk grond moet toe bly op die ses werkdae. Maar hulle moet die poort oopmaak op die Sabbatdag en op die Nuwemaan-dag. 2Dan moet die regeerder van buite inkom deur die voorportaal van die poort en hy moet by die drumpel van die poort gaan staan. Die priesters moet dan die regeerder se brand-offers en ete-offers offer. Daarna moet die regeerder by die drumpel buig, en dan moet hy uitgaan. Maar hulle moenie die poort sluit voor die aand nie. 3Die gewone mense moet elke Sabbatdag en elke Nuwemaan-dag by die deur van dieselfde poort voor die Here kom buig. 4Die brand-offer wat die regeerder vir die Here moet bring op die Sabbatdag, is ses gesonde lammers en 'n gesonde skaap-ram. 5Die koring-offer wat hy saam met die skaap-ram gee, moet een efa wees, en saam met die lammers kan hy gee soveel soos hy wil. Hy moet een hin olyf-olie gee vir elke efa. 6Op Nuwemaan-dag moet die regeerder 'n gesonde bul en ses lammers en 'n skaap-ram bring. Hulle moet gesond wees. 7Hy moet ook 'n koring-offer bring. Die koring-offer is een efa koring saam met 'n bul en een efa koring saam met 'n skaap-ram, en saam met die lammers kan hy gee soveel soos hy kan. Daar moet een hin olyf-olie by elke efa wees. 8Wanneer die regeerder ingaan, dan moet hy deur die voorportaal van die poort ingaan, en hy moet weer daar uitgaan. 9Wanneer die gewone mense voor die Here moet kom op die feesdae, dan moet die mense wat deur die noord-poort ingekom het om te buig, deur die suid-poort uitgaan, en die mense wat deur die suid-poort ingekom het, moet deur die noord-poort uitgaan. Niemand moet teruggaan deur die poort waar hy ingegaan het nie, almal moet by die ander kant uitgaan. 10Die regeerder moet saam met die gewone mense inkom en uitgaan. 11Op die feeste, op elke feesdag, moet die regeerder ook 'n koring-offer bring. Die koring-offer is een efa koring saam met 'n bul en een efa koring saam met 'n skaap-ram, en saam met die lammers kan hy gee soveel koring soos hy wil, maar hy moet een hin olyf-olie saam met elke efa koring gee. 12Die regeerder kan ook 'n vrywillige offer bring. Dit kan 'n brand-offer of 'n ete-offer vir die Here wees. Hulle moet dan die oos-poort oopmaak vir hom, en hy moet sy brand-offer of sy ete-offer bring soos op die Sabbatdag. Daarna moet hy uitgaan, en hulle moet die poort sluit nadat hy uitgegaan het. 13Die regeerder moet elke dag 'n gesonde jaaroud-lam gee om 'n brand-offer te wees. Hy moet dit elke oggend doen. 14Saam met die brand-offer moet die regeerder elke oggend een sesde van 'n efa koring of gars gee, en een derde hin olyf-olie om die meel nat te maak. Dit is die koring-offer vir die Here, en die regeerder moet dit altyd bring. 15Hulle moet die lam en die koring-offer en die olyf-olie elke oggend bring. Dit is die brand-offer wat hulle elke dag moet bring.”
Die regeerder mag nie van die volk se grond vat nie
16Die Here, Hy wat Here is, sê: “Wanneer die regeerder vir een van sy seuns 'n stuk van sy grond present gee, dan sal dit aan die seun behoort. Dit is sy grond omdat sy pa dit vir hom gegee het. 17Maar wanneer die regeerder vir een van sy slawe 'n stuk van sy grond present gee, dan sal die grond die slaaf se grond wees net tot die jaar wanneer almal die grond moet teruggee vir die familie aan wie dit behoort het. Dan moet die slaaf die grond teruggee vir die regeerder. Net sy seuns mag die grond hou wat hy vir hulle gee. 18Die regeerder mag nie van die volk se grond vat nie, hy mag nie hulle goed wegvat nie, hy mag net van sy eie grond vir sy seuns gee. Hy mag nie een van my volk se mense wegjaag van sy grond nie.”
Die bakplekke en die kookplekke
19Toe het die man vir my gebring deur die deur langs die poort, 'n mens kan daar ingaan na die gewyde kamers van die priesters by die noordekant. En daar, ver langs die westekant, sien ek toe 'n plek. 20Die man het vir my gesê: Dit is die plek waar die priesters die vleis vir die skuld-offer en die sonde-offer moet afwas en waar hulle die brood vir die koring-offer moet bak. Hoekom? Want hulle mag nie die vleis en die brood in die buitenste oop stuk grond bring nie. Die vleis en die brood is gewyd, en dit sal vir die volk gevaarlik wees om by die vleis en die brood te kom. 21Daarna het die man my gebring na die buitenste oop stuk grond, hy het my gebring by die vier hoeke van die oop stuk grond. Daar, in elke hoek, was 'n kleiner oop stuk grond. 22Hierdie kleiner oop stukke grond in die hoeke was elkeen 40 el lank en 30 el breed, en daar het rook by hulle uitgekom. 23Daar was 'n muur om elke stuk grond, en daar was kookplekke onder rondom teen die muur. 24Die man het vir my gesê: “Dit is die plek waar die mense die offer-vleis van die volk moet gaarmaak, die mense wat by die tempel werk.”

Currently Selected:

Esegiël 46: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy