YouVersion Logo
Search Icon

Esegiël 30

30
Nebukadnesar en sy mense sal die land Egipte verwoes
1Ek het gehoor die Here sê vir my: 2“Mens, jy moet 'n boodskap van My bring, jy moet sê: Die Here, Hy wat Here is, sê:
“Julle moet huil, julle moet sê:
‘Ag, die dag is hier.’
3Want die dag is naby,
die dag van die Here is naby,
dit sal 'n donker dag wees,
'n tyd wanneer die Here
die volke sal straf.
4'n Leër sal na Egipte kom,
en die mense in die land Kus
sal bang word.
Die vyande sal mense in Egipte laat sterf.
Hulle sal die goed van die land vir hulleself vat
en hulle sal die geboue afbreek
tot op hulle fondamente.
5Die mense van die lande Kus, Put en Lud,
al die soldate uit ander lande,
die mense van die land Kub
en die mense van die land met wie
Ek 'n verbond gemaak het,
hulle almal sal saam met die Egiptenaars
sterf in die oorlog.”
6Die Here sê:
“Die mense wat vir Egipte help, sal sterf.
Egipte was baie trots op sy soldate,
maar hulle sal in die oorlog sterf,
van die stad Migdol tot by die stad Sewene.”
Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.
7“Egipte sal 'n land word soos ander lande waar niemand kan woon nie, en sy stede sal wees soos ander stede wat net hope klippe is. 8Die Egiptenaars sal weet dat Ek die Here is wanneer Ek Egipte laat brand en wanneer almal sterf wat vir hulle gehelp het. 9Die mense van Kus dink hulle is veilig, maar daardie dag sal Ek boodskappers in skepe stuur om hulle te laat skrik. Hulle sal bang word wanneer die dag kom wanneer Ek Egipte sal straf. Want dít moet almal weet, daardie dag kom.”
10Die Here, Hy wat Here is, sê: “Ek sal vir koning Nebukadnesar van Babel gebruik om Egipte se soldate almal te laat sterf. 11Ek sal vir Nebukadnesar en sy mense bring om die land te verwoes. Hulle is wrede mense, hulle sal hulle swaarde uithaal om teen Egipte te veg en hulle sal die land vol dooie mense maak. 12Ek sal die riviere droog laat word en Ek sal die land vir slegte mense gee sodat hulle kan doen wat hulle wil. Ek sal vreemde mense bring, hulle sal die land en alles wat daarin is, verwoes. Ek, die Here, het gepraat.”
13Die Here, Hy wat Here is, sê: “Ek sal die afgode laat verdwyn, Ek sal al die gode wegvat uit die stad Memfis, daardie gode beteken niks. Daar sal nie meer 'n koning in Egipte wees nie. Ek sal almal in Egipte bang laat word. 14Ek sal die land Patros verwoes, Ek sal die stad Soan laat brand, Ek sal die mense van die stad No straf. 15Ek sal die mense van die stad Sin laat voel dat Ek kwaad is, Sin, die stad wat die sterk mure het. Ek sal al die soldate in die stad No laat sterf. 16Ek sal Egipte laat brand, die mense in die stad Sin sal rondspring van pyn, die mure van die stad No sal val, vyande sal die stad Memfis in die dag aanval. 17Die jongmanne in die stede Awen en Pi-Beset sal in die oorlog sterf, en die mense in daardie stede sal gevangenes word, hulle sal moet weggaan. 18Dit sal in die stad Tagpanges in die dag donker word wanneer Ek die jukke breek wat Egipte op ander volke se nekke gesit het. Daar sal dan nie soldate wees wat Egipte sterk maak nie. 'n Wolk sal die stad toemaak, en sy mense sal gevangenes word, hulle sal moet weggaan. 19Ek sal Egipte straf. Hulle sal weet dat Ek die Here is.”
Ek sal die Egiptenaars na al die kante toe jaag tussen die ander volke in
20Die Here het met my gepraat. Dit was in die elfde jaar, in die eerste maand, op die sewende dag van die maand. Ek het gehoor die Here sê vir my: 21“Mens, Ek het die arm gebreek van die farao, die koning van Egipte. Ek het nie sy arm toegedraai sodat dit weer gesond kan word nie. Ek het nie 'n plank aan sy arm vasgemaak sodat die arm weer sterk kan word en 'n swaard kan vashou nie.”
22Die Here, Hy wat Here is, sê: “Daarom, Ek is nou die vyand van die farao, die koning van Egipte. Ek sal altwee sy arms breek, die gesonde arm en die arm wat af is. Die swaard sal uit sy hand val. 23En Ek sal die Egiptenaars na al die kante toe jaag tussen ander volke in, hulle sal oral in ander lande moet woon. 24Ek sal die koning van Babel se arms sterk maak en Ek sal my eie swaard in sy hand sit. Maar Ek sal die farao se arms breek, en hy sal voor die koning van Babel lê en huil en kla soos iemand kla wanneer 'n vyand hom plat geslaan het. 25Ek sal die arms van die koning van Babel sterk maak, en die farao se arms sal afval. Die Egiptenaars sal weet dat Ek die Here is wanneer Ek my eie swaard in die hand van die koning van Babel sit, en wanneer hy die swaard uitsteek oor die land Egipte. 26En Ek sal die Egiptenaars na al die kante toe jaag tussen ander volke in, hulle sal oral in ander lande moet woon. Hulle sal weet dat Ek die Here is.”

Currently Selected:

Esegiël 30: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy